Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
KYK: Nuwe burgemeester in PE se kantoor gesluit

Die nuutverkose burgemeester van Nelson Mandelabaai, Mongameli Bobani, se kantoor is toegesluit.

Bobani en die nuwe lede van sy raad is Maandagaand ná ’n dag van hoogdrama in die metroraad, tot hul nuwe poste verkies.

Bobani is as burgemeester verkies nadat Athol Trollip, deur middel van ’n mosie van wantroue, uit sy amp onthef is.

Toe Bobani Dinsdagoggend opdaag vir werk het hy agtergekom sy kantoor is gesluit.

Dit is in die stadium nog onduidelik waar Bobani se kantoorsleutel is, maar raadslede het die vinger na Trollip gewys.

“Hy is seker Kaapstad toe met daardie sleutel. Ons moet iemand kry om daardie kantoor oop te maak,” het ’n raadslid gesê.

Intussen het die DA se Rano Kayser, burgemeesterskomiteelid vir ekonomiese ontwikkeling, soos gewoonlik met ’n komiteevergadering in die stadsaal begin.

“Niks het verander nie. Dit is vandag besigheid soos normaal,” sê Kayser.

Bobani sou ’n vergadering met die stadsbestuurder, Johann Mettler belê.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.