Pres. Cyril Ramaphosa is Saterdag as die vyfde demokratiese president van Suid-Afrika ingehuldig.
Die verrigtinge het plaasgevind op Loftus Versfeld in Pretoria, waar sowat 32 000 mense van oor die land heen saam met internasionale staatshoofde die plegtigheid bygewoon het.

Pres. Cyril Ramaphosa lê die eed af tydens sy inhuldiging op Loftus Versfeld in Pretoria.Foto: Felix Dlangamandla

’n Vrou uitgevat in kleurvolle tradisionele drag, dans voor die stadion waar pres. Cyril Ramaphosa Saterdag ingehuldig is as president van Suid-Afrika. Foto: Felix Dlangamandla

Sowat 32 000 mense was Saterdag op Loftus Versfeld om te kyk hoe Cyril Ramaphosa ingehuldig word as president van Suid-Afrika.Foto: Felix Dlangamandla

Twee Airbus-vliegtuie van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) vlieg Saterdag saam met die Silwervalke oor Loftus Versfeld in Pretoria waar pres. Cyril Ramaphosa vroeër ingehuldig is. Foto: Felix Dlangamandla

’n Groot skare mense kyk na die seremoniële wag op Loftus Versfeld waar pres. Cyril Ramaphosa vroeër ingehuldig is.Foto: Deaan Vivier

Lede van die lugmag en vloot staan op aandag tydens die presidensiële inhuldigingseremonie op Loftus Versfeld. Foto: Deaan Vivier

Belangrike gaste skuil Saterdag teen die skerp wintersonnetjie op Loftus Versfeld waar Cyril Ramaphosa vroeër as president ingehuldig is. Foto: Felix Dlangamandla

Twee Airbus-vliegtuie van die Suid-Afrikaanse Lugdiens vlieg Saterdagoggend oor Loftus Versfeld in Pretoria. Foto: Felix Dlangamandla

’n Onbekende valskermspringer is na 1 Militêre Hospitaal geneem nadat hy Saterdag ’n mortierpyp getref het toe hy op Loftus Versfeld land. Hy was een van vier spingers wat op die stadion geland het. Brig.-genl. Mafi Mgobozi, woordvoerder van die weermag, sê die valskermspringer is nie ernstig beseer nie, berig News24. Foto: Deaan Vivier

Oudpres. Thabo Mbeki en sy vrou, Zanele, kom op Loftus Versfeld aan. Foto: Felix Dlangamandla

Pres. Emmerson Mnangagwa van Zimbabwe kom aan by Loftus Versfeld. Foto: Felix Dlangamandla

Oudpres. F.W. de Klerk groet die skare op Loftus Versfeld.Foto: Felix Dlangamandla

Jong Vhavenda-vroue en -meisies van die Venda-kultuurgroep Nyavhumbwa wadakaila bring hulde aan pres. Cyril Ramaphosa wat Saterdag by Loftus Versfeld ingehuldig is. Foto: Felix Dlangamandla

Pres. Cyril Ramaphosa sluit aan by Vhavenda-dansers. Die groep is gelei deur hoofman Livhuwani Matsila van die Radzambo Cultural Foundation. Hy het ’n tshikona-dans gelei. Dit is ’n tradisionale dans van die Vhavenda wat by belangrike geleenthede gedans word. Foto: Felix Dlangamandla