Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
KYK: Ramaphosa lyk heel gesond

Pres. Cyril Ramaphosa het Donderdagoggend in sy toespraak op die taxi-lekgotla gesond voorgekom en nie enige van die bekende Covid-19-simptome getoon nie.

Hy het sy openingsrede virtueel gelewer vanuit sy private woning waar hy tans in isolasie is.

Die presidensie het Woensdagoggend aangekondig dat Ramaphosa Dinsdagmiddag in kennis gestel is dat ’n gas by ’n geldinsamelingsdinee wat hy die afgelope Saterdag bygewoon het, positief vir die koronavirus getoets is.

Hy het die afgevaardigdes op die nasionale taxi-lekgotla verskoning gevra dat hy hulle nie in persoon kan toespreek nie.

“Ek het planne gemaak om tussen julle te wees omdat julle sulke belangrike en gewaardeerde rolspelers in die politiek van ons land is.

cyril ramaphosa
Pres. Cyril Ramaphosa het Donderdagoggend gesond voorgekom en nie enige van die bekende Covid-19-simptome getoon nie. Foto: Skermgreep

“Ek is egter verhinder om daarheen te kom nadat ek geadviseer is om myself te isoleer nadat ek in dieselfde vertrek was as iemand wat positief vir Covid-19 getoets is en daarna gehospitaliseer is.”

Volgens Ramaphosa gaan hy verskeie van sy komende gereëlde afsprake nie persoonlik kan nakom nie. “Ek is jammer daaroor. Ek sou daarvan gehou het om persoonlik daar te wees.”

Die taxi-lekgotla, wat deur Fikile Mbalula, minister van vervoer, en sy departement aangebied word, sal tot Saterdag duur. Die doel is om samesprekings tussen die regering en alle sleutelrolspelers in die taxibedryf te hou in ’n poging om die bedryf te formaliseer, te reguleer en ’n bemagtigingsmodel vir die sektor te ontwikkel en te implementeer.

*Volg Netwerk24 vir meer oor die berig.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.