Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
KYK: Grond sal 'waar nodig' onteien word – Cyril

Pres. Cyril Ramaphosa het sy toespraak by die ANC-vieringe in die Moses Mabhida-stadion in Durban gelewer.

Kyk hier na die toespraak.

 

Werksgeleenthede, ekonomiese groei, beter infrastruktuur, ’n nasionale gesondheidsplan, beter polisiëring en versnelde grondhervorming is onder meer Saterdag aan landsburgers beloof.

Pres. Cyril Ramaphosa en die res van die ANC se nasionale uitvoerende komitee (NUK) het die party se Januarie-verklaring aan ’n stampvol Moses Mabhida-stadion in Durban voorgelees.

Die verrigtinge is twee ure lank weens erge winde vertraag terwyl ANC-ondersteuners na die stadion gestroom het.

Ramaphosa het aan die skare gesê dat die ANC moet erken dat staatskaping en korrupsie talle openbare instellings verswak het en doeltreffende regering ondermyn.

Dit het daartoe bygedra dat die ekonomie swak vertoon, het hy gesê.

“As die ANC moet ons ons tekortkominge erken en kritiek van die mense aanvaar en hard werk om ons foute reg te maak,” het hy gesê.

Ekonomie

Ramaphosa het voorts aan die skare gesê hy het groot planne om die ekonomie reg te ruk.

“Ons het ’n omkeerstrategie en wil R1,2 miljard se nuwe beleggings in die volgende vyf jaar bekom.”

Ons sal stappe doen om produktiwiteit te verbeter, werk te skep en om meer kompeterend te wees.

Meer moet in mynbou, vervaardiging en landbou belê word en uitvoermarkte moet uitgebrei word, het hy gesê.

Werkskepping

Ooreenkomste wat by die presidensiële beraad oor werkskepping aangegaan word sal geïmplimenteer word.

Infrastruktuur

’n Infrastruktuurfonds sal geskep word om ekstra geld vir die bou van paaie, hospitale, skole, damme, spoorlyne en breëbandnetwerke beskikbaar te stel.

Onteiening

Oor onteiening sonder vergoeding het Ramaphosa gesê dat daar planne uiteengesit word in die verkiesingsmanifes om grondhervorming te versnel en waar dit nodig is sal onteiening sonder vergoeding toegepas word.

“Ons sal aanhou om ’n verskeidenheid van vorme van grondeienaarskap te bevorder - dit sluit in openbare, private, koöperatiewe, familie- en gemeenskaplike grondbesit.”

Landbou in stedelike gebiede en voedseltuine wat aan gemeenskappe behoort sal begin word om verhongering te verminder en voedselsekuriteit te verbeter, het die president gesê.

Gratis hoëronderwys

Gratis hoëronderwys sal uitgebrei word om eerstejaar- en tweedejaarstudente te help en verder uitgebrei word.

Gesondheidsplan

Die nasionale gesondheidsplan is ook hoog op die party se lys van planne en Ramaphosa sê wetgewing om te verseker dat almal toegang tot gehalte gesondheidsorg het sal afgehandel word.

Geslagsgeweld

Meer sal ook gedoen word om geslagsgeweld te bekamp en samewerking tussen die verskillende strafregtelike liggame moet verbeter word.

Die polisie, forensiese dienste, aanklaers en ander partye moet nouer saamwerk om te verseker dat daar meer suksesvolle vervolgings is, het hy gesê.


 

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.