Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
KYK: Ramaphosa 'voel tuis in Zimbabwe'

Pres. Cyril Ramaphosa is Maandagaand deur pres. Emmerson Mnangagwa in Harare, Zimbabwe, verwelkom.

Hulle gaan Dinsdag as die voorsitters optree op 'n vergadering van die binasionale kommissie tussen Suid-Afrika en Zimbabwe.

'n Staatsbanket is Maandag gehou.

Die kommissie is in 2015 op die been gebring en is die hoogste besluitnemingstruktuur wat samewerking tussen die twee lande betref.

cyril ramaphosa
Pres. Cyril Ramaphosa word Maandagaand in Zimbabwe verwelkom en sê Suid-Afrikaners voel tuis in Zimbabwe.

Mnangagwa en Ramaphosa het mekaar Dinsdagoggend op Twitter "gegroet".

cyril ramaphosa
Pres. Cyril Ramaphosa het Maandagaand in Zimbabwe aangekom.

Mnangagwa sê op Twitter dit is 'n eer om Ramaphosa in Zimbabwe te verwelkom en hy sien uit na 'n vrugtevolle besoek.

Mnangagwa sê die krag en diepte van hul verhouding kan as "die toppunt van broederskap" gesien word omdat hulle 'n gemeenskaplike verlede en toekoms deel.

cyril ramaphosa
Pres. Emmerson Mnangagwa van Zimbabwe sê hy beskou pres. Cyril Ramaphosa as 'n bondgenoot.

Hy beskryf Ramaphosa as 'n ware bondgenoot, waarna Ramaphosa hom op Twitter vir die verwelkoming bedank het.

cyril ramaphosa
Pres. Cyril Ramaphosa en Emmerson Mnangagwa van Zimbabwe

Ramaphosa sê Zimbabwe is 'n tuiste vir baie Suid-Afrikaners wat daar toevlug moes soek tydens kolonialisme en apartheid.

"Ons voel voorwaar tuis hier," het Ramaphosa getwiet.

 

Meer oor:  Cyril Ramaphosa  |  Emmerson Mnangagwa  |  Suid-Afrika  |  Zimbabwe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.