Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
KYK: Steve sê jammer oor sy ja-stem in 1992

Hy het hoogverraad teen sy God gepleeg deur “ja” te stem in die 1992-referendum wat moes bepaal of die meerderheid wit Suid-Afrikaners politieke hervorming steun, sê Steve Hofmeyr.

Hy het Donderdagaand in Pretoria op die bekendstelling van The Boer Project, ’n dokumentêre rolprent oor plaasmoorde, die eerste keer om verskoning vir sy “ja-stem” gevra.

Die meeste wit Suid-Afrikaners het in die referendum in 1992 aangedui hulle steun hervorming. Dit het destyds die weg vir onderhandelings tussen die regerende Nasionale Party en die ANC gebaan.

Vrydagoggend in Centurion het Hofmeyr vir die tweede keer in 24 uur, in ’n onderhoud met Netwerk24, “sy mense” om verskoning gevra dat hy in dié referendum “ja” gestem het.

Dit was kort nadat hy met Petr Bystron, ’n Duitse parlementslid, koffie gedrink het om oor plaasmoorde en grondonteiening sonder vergoeding te praat.

“Ek het Donderdagaand vir die eerste keer in 20 jaar tussen my eie mense opgestaan, omgedraai en vir my eie mense gesê ek is Steve Hofmeyr. Ek vra om verskoning dat ek ja gestem het in die referendum van 1992,” het hy gesê.

“Dit was verraad teen my mense, dit was verraad teen ons soewereiniteit, dit was hoogverraad teen my God om ’n deur oop te maak vir Kommunisme. Ek is diep spyt oor wat ek gedoen het. Ek herhaal dit nou vandag.”

Dit was verraad teen my mense, dit was verraad teen ons soewereiniteit, dit was hoogverraad teen my God om ’n deur oop te maak vir Kommunisme. Ek is diep spyt oor wat ek gedoen het. Ek herhaal dit nou vandag.

Oor die ontmoeting met Bystron, ’n lid van die regse party Alternative für Deutschland (AfG), sê Hofmeyr dit het goed verloop.

“Die uitnodiging het uit die bloute gekom. Ek het nie ’n mandaat om namens mense te praat nie, want ek is nie ’n politieke party nie, maar wêreldwyd is ’n groep behoudende mense wat saam staan, besig om te vorm,” sê Hofmeyr.

“Ons het gepraat oor grondonteiening en plaasmoorde. Ek wil mense in die buiteland bewus maak van dit wat in Suid-Afrika gebeur. Ek ontmoet vriende van oor die wêreld heen om te verseker dat die waarheid uitkom.”

Bystron het ná die ontmoeting gesê Hofmeyr het hom laat besluit om meer oor die statistiek en die feite van plaasmoorde in Suid-Afrika uit te vind.

“Ek is juis in Suid-Afrika om meer oor plaasmoorde te hoor. Ons praat met ’n klomp rolspelers en ons het Steve ontmoet omdat hy ’n belangrike stem in die debat is,” het Bystron gesê.

Hy het onderneem om die kwessie van plaasmoorde in die Duitse parlement te belig. Sy party is die amptelike opposisie in die Duitse koalisieregering.

Die politieke ontleder, Theo Venter, bevraagteken of die ontmoeting tussen Hofmeyr en Bystron ’n effek sal hê.

“Steve Hofmeyr blyk die jongste toetreder aan die regse kant in die debat oor grondhervorming sonder vergoeding te wees.”

Meer oor:  Steve Hofmeyr
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.