Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Kyk uit vir Mej. Heelal by staatsrede

Zozibini Tunzi, Mej. Heelal, sal Donderdagaand een van pres. Cyril Ramaphosa se gaste by sy staatsrede wees.

Tunzi sal in die presidensiële losie sit, vermoedelik saam met die presidentsvrou, dr. Tshepo Motsepe, en die ander genooide gaste.

“Dit is ’n eer om as gas van die president uitgenooi te word na een van die belangrikste gebeure in ons demokrasie, die staatsrede,” sê Tunzi.

“Ek voel baie bevoorreg dat ek deur ons president genooi is, ’n man wat ek bewonder.”

Tunzi sal volgens die Mej. Heelal-span egter nie soos al die politici op die rooi tapyt by die geleentheid verskyn nie.

“Sy gaan saam met die president deur die private ingang. Die publiek sal haar nie sien nie.”

Sy sal ook nie haar kroon dra nie, maar wel haar Mej. Heelal-lyfband.

Die Suid-Afrikaanse ontwerper Gert-Johan Coetzee ontwerp haar rok vir die staatsrede.

Hy ontwerp gereeld rokke vir Demi-Leigh Nel-Peters (nou Tebow), Mej. Heelal in 2017, en Rolene Strauss, Mej. Wêreld in 2014.

Zozibini Tunzi, Mej. Heelal Foto: Instagram/Zozibini Tunzi

Meer oor:  Zozibini Tunzi  |  Parlement  |  Staatsrede2020
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.