Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Dís wat medies fout is, sê Zuma

Oudpres. Jacob Zuma het 'n hartlike verwelkoming gekry op die O.R. Tambo Internasionale Lughawe in Johannesburg.

Hy het teruggekeer van Kuba nadat hy daar mediese behandeling ontvang het. 

Daar het sowat 350 ondersteuners opgedaag nadat die Gautengse Vereniging vir Radikale Ekonomiese Transformasie (RET) en Carl Niehaus op sosiale media Vrydagoggend gevra het mense moet hom kom ondersteun. 

zuma
Tot sowat 350 ondersteuners het Zuma ingewag. Foto: Isabel Venter

zuma
Oudpres. Jacob Zuma op die O.R. Tambo-lughawe. Foto: Isabel Venter

'n Lasbrief vir Zuma se inhegtenisneming is vroeg in Februarie in die hooggeregshof in Pietermaritzburg uitgereik, terwyl Zuma se regspan ook 'n siekbrief by die hof ingedien het oor hoekom hy nie in die hof kan verskyn nie.

Zuma staan tereg op aanklagte van korrupsie wat verband hou met die wapenskandaal van 1999.

Die siekbrief het nie aangedui wat by Zuma gediagnoseer is of watter behandeling hy ontvang nie. Dit lyk ook asof die datum waarop die brief uitgereik is oënskynlik uitgekrap en verander is. Zuma sal in Mei, wanneer hy weer in die hof verskyn, moet verduidelik waarom hy nie vroeg Februarie in die hof was nie.

zuma
Zuma spreek ondersteuners toe. Foto: Isabel Venter

Hou Netwerk24 dop vir meer.

12:42

Zuma het pas met ondersteuners gepraat en verduidelik dat daar fout is met sy oë en daarom dra hy die donkerbril. Hy sê voorts hy voel nie sterk genoeg om 'n toespraak te lewer nie en dat hy later sy ondersteuners meer volledig sal toespreek.

Hy was in Kuba vir 'n operasie aan sy oë, sê Zuma.

Hy word onder swaar begeleiding weggeneem. Sy ondersteuners sê aan Netwerk24 hulle is teleurgesteld want hy het nie gedans nie.

13:08

Netwerk24 verneem dié foto is op die lughawe geneem in die area vir gereserveerde persone. Zuma het toe nie sy donkerbril gedra nie.

Meer oor:  Jacob Zuma
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.