Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
KYK: ‘Zuma sal nie voor kommissie verskyn as Zondo daar is’

Oudpres. Jacob Zuma sal nie voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping verskyn solank as wat adjunkhoofregter Raymond Zondo betrokke is nie.

So het Carl Niehaus, woordvoerder van die faksie vir radikale ekonomiese transformasie (RET), Vrydag gesê kort nadat Zondo ’n aansoek van die kommissie se span goedgekeur het om Zuma te dagvaar om voor die kommissie te verskyn.

Zondo het gelas dat Zuma van 16 tot 20 November om 10:00 voor die kommissie moet verskyn.

“Zuma se regspan sal nou in verbinding tree met die kommissie. Hy sal nie voor die kommissie verskyn solank as wat adjunkhoofregter Zondo betrokke is nie,” het Niehaus Vrydag gedurende ’n optog by die Mary Fitzgerald-plein in Newtown, Johannesburg, gesê.

Meer as 300 ondersteuners van Zuma het Vrydagoggend onder leiding van Niehaus onder streng polisietoesig van die Mary Fitzgerald-plein na die Zondo-kommissie en toe na Konstitusieheuwel in Braamfontein gestap, terwyl hulle struggleliedjies gesing het.

“Ons is hier ter ondersteuning van president (sic) Zuma. Raak aan Zuma en julle raak aan ons. Zuma is ons en ons is Zuma!” was die boodskap van tientalle ondersteuners.

Zuma se regspan sal nou in verbinding tree met die kommissie. Hy sal nie voor die kommissie verskyn solank as wat adjunkhoofregter Zondo betrokke is nie.

Niehaus sê hy en al Zuma se ondersteuners is moeg daarvoor dat Zondo bevooroordeeld is teenoor die oudpresident.

“Zondo is bevooroordeeld omdat hy selektief is in die manier waarmee hy met bewysstukke werk. Hy wil radikale ekonomiese transformasie in Suid-Afrika stopsit. Dit is hoekom hy bevooroordeeld is teenoor president Zuma,” sê Niehaus.

Hy sê hul versoek is duidelik: “Zondo moet hom onmiddellik aan die kommissie onttrek.”

Niehaus het ook namens ondersteuners ’n memorandum aan verteenwoordigers van die Zondo-kommissie oorhandig.

Die ondersteuners was egter nie tevrede hiermee nie, omdat hulle wou hê dat Zondo self moes afkom om die memorandum te ontvang.

“Dit is ongelukkig dat Zondo nie self die memorandum in ontvangs geneem het nie. Maar dit wys ons net weer hoe bevooroordeeld hy regtig is,” sê Niehaus.

Hy sê ondersteuners van Zuma, sowel as van Ace Magashule, ANC-sekretaris-generaal, sal weer Maandag betoog. “Ons gaan die hele Gauteng tot stilstand bring,” het Niehaus gesê.

Ondersteuners van oudpres. Jacob Zuma Vrydagoggend gedurende ’n optog in Newtown, Johannesburg. Foto: Dennis Delport
Carl Niehaus, woordvoerder van die faksie vir radikale ekonomiese transformasie (RET). Foto: Dennis Delport
Daar was ’n sterk polisieteenwoordigheid gedurende ’n optog deur ondersteuners van oudpres. Jacob Zuma Vrydag in Johannesburg. Foto: Dennis Delport
Ondersteuners van oudpres. Jacob Zuma onderweg na die Zondo-kommissie se kantore in Johannesburg. Foto: Dennis Delport

Meer oor:  Carl Niehaus  |  Zondo-Kommissie  |  Jacob Zuma
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.