Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
KZN-ANC kap ‘openbare aanvalle’ op Cyril

Die ANC in KwaZulu-Natal het sy steun vir pres. Cyril Ramaphosa uitgespreek nadat die openbare beskermer (OB) ’n uitspraak teen hom gemaak het oor die finansiering van sy veldtog in 2017 om ANC-president te word.

Pres. Cyril Ramaphosa Foto: Trevor Kunene

Mdumiseni Ntuli, provinsiale sekretaris van die ANC, het op ’n nuuskonferensie die party se steun vir Ramaphosa bevestig en gesê die “volgehoue ??openbare aanvalle” is net bedoel om die party te verswak.

“Die provinsiale uitvoerende komitee (PUK) het die verwikkelinge en uitdagings gevolg wat die ANC in die algemeen en die president van ons beweging in die besonder in die gesig staar.

“Daar is ’n duidelike begeerte om die aandag van die president af te lei van die historiese taak om ons mense na ’n nasionale demokratiese samelewing te lei. Ons moet saam met die president hierdie pogings teenstaan en diegene daaragter verslaan,” sê Ntuli.

Hierdie uitspraak kan beskou word as ’n duidelike verskuiwing vir ’n provinsie wat tradisioneel ’n vesting vir oudpres. Jacob Zuma was.

Ramaphosa het die afgelope paar weke onder negatiewe mediadekking deurgeloop, asook aanvalle van sy politieke opponente binne en buite die ANC, en moet regsuitdagings waarby die OB betrokke is, die hoof bied.

Ntuli sê “dit is vanselfsprekend dat die hoofdoel van die aanvalle op die president is om die ANC te verdeel en uiteindelik te verwyder as die leier van ons mense en die leier van ons nasionale demokratiese samelewing”.

“Die PUK is eenparig in sy standpunt dat die ANC-president in hierdie moeilike tye gerus moet wees in die ondersteuning van alle strukture en lede van die ANC in KwaZulu-Natal.

“Van groot belang is die feit dat die president altyd binne die raamwerk van die wet optree wanneer hy dié voortdurende uitdagings hanteer.

“Die PUK doen ’n beroep op die nasionale uitvoerende komitee van ons beweging om standvastig verenig te wees in die hantering van die heersende uitdagings, en altyd op te tree in die beste belang van die nasionale demokratiese revolusie,” sê Ntuli.

News24

Meer oor:  Anc  |  Pres. Cyril Ramaphosa  |  Kzn  |  Openbare Aanvalle
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.