Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
KZN-drama dalk tot JZ se voordeel
Kgalema Motlanthe het op die BBC-geselsprogram 'HARDtalk' gesê hy dink dit sal goed wees as die ANC die nasionale verkiesing in 2019 verloor.

Die hofuitspraak wat die ANC se hoofstruktuur in KwaZulu-Natal ongrondwetlik en ongeldig verklaar, kan dit nodig maak om die party se Desember-verkiesingskonferensie uit te stel.

Dit kan in die hande van pres. Jacob ­Zuma speel omdat die uitstel van die konferensie hom meer tyd sal gee om sy probleme op te los, sê politieke ontleders.

Zweli Mkhize, tesourier-generaal van die ANC, kan ook voordeel trek daaruit.

Dié bespiegeling kom in dieselfde tyd wat Kgalema Motlanthe aan die wêreld gesê het die ANC “word al so met korrupsie vereenselwig” dat dit vir die party goed sal wees om die algemene verkiesing in 2019 te verloor.

Motlanthe het dié uitlating in ’n onderhoud in die BBC-program HARDtalk gemaak.

“Dit sal goed wees vir die ANC self en laat ek jou vertel hoekom – want daardie elemente wat daar is vir die gunste en gawes sal die party dan verlaat en dit sal net dan wees dat die geleentheid opduik om te red wat van die party te redde is,” sê Motlanthe.

Hulle het aangevoer die konferensie is te vroeg gehou. Dit was glo deurspek met onreëlmatighede en die uitslae is gemanipuleer. Zikalala het 780 stemme gekry en Mchunu 675 stemme. 1 459 afgevaardigdes het gestem.

Hy sê kiesers sal die party uitstem so lank as wat hy “met korrupsie en mislukking geassosieer word”.

Duisende mense het in die laaste paar weke by die hooggeregshof in Pietermaritzburg opgedaag om die strydende ANC-faksies in KwaZulu-Natal in die saak te ondersteun.

Lawrence Dube, ANC-raadslid, en vier ander raadslede het in Mei verlede jaar die aansoek ingedien nadat Senzo Mchunu op die konferensie as provinsiale voorsitter uitgestem en deur Sihle Zikalala vervang is.

Hulle het aangevoer die konferensie is te vroeg gehou. Dit was glo deurspek met onreëlmatighede en die uitslae is gemanipuleer. Zikalala het 780 stemme gekry en Mchunu 675 stemme. 1 459 afgevaardigdes het gestem.

Zikalala, sy adjunk, Willies Mchunu, die ANC, die Verkiesingsinstituut van Suider-Afrika en ANC-hoës was respondente in die saak.

Zizi Kodwa, nasionale woordvoerder van die ANC, sê die party neem kennis van die uitspraak en sal dit bestudeer om te besluit wat die politieke implikasies daarvan is.

Gister buite die hof het die “rebelle” se feesvieringe ná die uitspraak vinnig ontpop in ’n mini-veldtog vir adj.pres. Cyril Ramaphosa.

Mzwandile Mkhwanazi, ’n stoere Ramaphosa-ondersteuner en ANC-sekretaris van die Laer Suidkus-streek, het gedreunsing “Cyril Ramaphosa vir president”. Dit is met luide toejuiging begroet, berig S’hembile ­Cele.

Mdumiseni Ntuli, woordvoerder van die “ongeldige” provinsiale uitvoerende komitee, sê hulle oorweeg dit om teen die uitspraak te appelleer. “Demokrate” moet respek hê daarvoor dat ’n ander hof tot ’n ander bevinding kan kom.

Die leiers van die ANC moet tyd gegun word om die uitspraak te bestudeer en sy eie besluite te neem, sê hy.

  •   Zizi Kodwa, nasionale woordvoerder van die ANC, sê die party neem kennis van die uitspraak en sal dit bestudeer om te besluit wat die politieke implikasies daarvan is. 
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.