Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Lamola: Só gaan NVG staatskapers aan pen laat ry

Die grootste toets vir Suid-Afrika se stryd teen korrupsie lê in die vermoë van sy strafregstelsel om diegene wat die staatskas geplunder het daadwerklik daarvoor in ’n hof aanspreeklik te kan hou, sê Ronald Lamola, minister van justisie en korrektiewe dienste.

Lamola meen dit is daarom sonder twyfel sy prioriteit soos gesien kan word in sy department se bykomende toekenning van R102 miljoen aan die nasionale vervolgingsgesag (NVG) om sy werk sonder vrees of begunstiging te kan doen.

Ronald Lamola

Die NVG is volgens hom ook in staat gestel om die dienste van vier top-regsbreine te bekom om die vervolgingsgesag met sy staatskapingsake te help.

Lamola het dit gesê toe hy Woensdag die portefeuljekomitee oor justisie en korrektiewe dienste toegespreek het oor sy department se 2018/’19-jaarverslag.

Hy sê daar is reeds ook uitleweringsooreenkomste met verskeie lande aangegaan.

“Ons weet diegene wat die staatskas geplunder het, het gesofistikeerde netwerke wêreldwyd. Daarom gaan ons ook die samewerking van internasionale wetstoepassingsagentskappe benodig.”

Nog ’n stap teen korrupsie is die spesiale ondersoekeenheid se spesiale tribunaal wat volgens Lamola slaggereed staan om sowat R14,7 miljard gesteelde staatsgeld terug te kry.

“Die Zondo-kommissie na staatskaping sal ook behoorlik befonds word. Die nuwe meganisme om te verseker dat sy ondersoeke by die werkstrome van die NVG en ander wetstoepassingsagentskappe sal kan invloei, is belangriker,” sê Lamola.

Meer oor:  Ronald Lamola  |  Staatskaping
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.