Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Lamola verwelkom VSA-sanksies teen Guptas

Die Amerikaanse tesourie wat sanksies teen die Guptas ingestel het, het ’n direkte impak op dié omstrede familie en ander rolspelers in staatskaping se finansiële en private belange.

Ronald Lamola, minister van justisie, het Donderdag gesê die sanksies verhoed die Guptas en Salim Essa om enige sake in die VSA of met enige Amerikaanse maatskappy wêreldwyd te bedryf.

Lamola het gesê hy neem kennis van stappe wat die VSA doen en verwelkom dit sodat Suid-Afrikaanse belange rondom justisie sonder enige hindernis ontvou.

“Suid-Afrika en die VSA het ’n lang geskiedenis van samewerking wat betrek kriminele reg, wetstoepassing en gemeenskaplike regshulp,” sê Lamola.

“Albei lande is partye in die Verenigde Nasies se konvensie teen korrupsie en het ’n bilaterale ooreenkoms.”

Ronald Lamola, minister van justisie.Foto: Verskaf

Dit is volgens hom binne hierdie raamwerk wat wetstoepassers van albei lande in staat is om saam te werk in sake van gemeenskaplike belange - soos om teen korrupsie te veg en te verseker dat oortreders “nêrens het om te skuil” nie.

Robert Mearkle, woordvoerder van die Amerikaanse ambassade, het Donderdagaand gesê die verklaring deur die tesourie is ’n gevolg van voortdurende samewerking met Suid-Afrika teen sekere individue in die geveg teen korrupsie.

“Ons sien Suid-Afrika as ’n strategiese vennoot en ons sal voortgaan om daardie samewerking te versterk.”

Oor die koepel van internasionale samewerking in die internasionale wet op strafregtelike sake, het die Suid-Afrikaanse wetstoepassingsagentskappe versoeke om regshulp aan agt lande, insluitende die VSA, gestuur.

Lamola sê hy het stappe gedoen om te verseker dat gehoor gegee word aan die dié versoeke.

Hy sê dit is van kritieke belang dat die land se jong demokrasie korrupsie en die gevolge daarvan konfronteer.

“Die belang van justisie moenie aan bande gelê word deur enige grens nie en geregtigheid moet sonder vrees of guns plaasvind.”

Meer oor:  Ronald Lamola  |  Sanksies  |  Guptas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.