Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Landbank: Departement sal alles doen om te help

Die Landbank bly ’n belangrike instelling en die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling sal enigiets doen om die bank se toekoms te verseker, sê Thoko Didiza, minister van die departement.

Sy het Donderdag op ’n parlementêre debat oor die begroting vir die 2021-22’-boekjaar gesê sowat R16,9 miljard is vir die huidige boekjaar begroot waarvan ’n groot deel aan provinsiale departemente van landbou oorgedra sal word.

Thoko Didiza, minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling. Foto: Elizabeth Sejake

Die Landbank hou 29% van die land se totale landbouskuld, maar daar is die afgelope ruk tekens dat hy al hoe meer afhanklik word van reddingsboeie van die staat.

Volgens Didiza is haar departement besig met die nasionale tesourie om ’n volhoubare finansiële model vir die Landbank te ontwikkel sodat hy sy mandaat kan vervul.

“Die minister van finansies het in sy begrotingsrede in Februarie ’n bedrag van R7 miljoen vir die Landbank oor die mediumtermyn toegewys. Die toewysing sal help om die bank se huidige negatiewe saldo aan te vul en die mandaat vir transformasie-ontwikkeling te hervestig.”

Voorts sal haar departement ook bykomende hulpbronne aan die Landbank gee om opkomende boere te ondersteun, het sy gesê.

Volgens Didiza bly die vooruitskouing vir landbou vir 2021 positief, en verwag sy dat die steeds sterk groei sal wys en volhou om werke te skep.

Sy erken die pas van grondhervorming is kommerwekkend stadig en daarom sal haar departement verskeie programme versterk om dit te versnel.

Die minister van finansies het in sy begrotingsrede in Februarie ’n bedrag van R7 miljoen vir die Landbank oor die mediumtermyn toegewys. Die toewysing sal help om die bank se huidige negatiewe saldo aan te vul en die mandaat vir transformasie-ontwikkeling te hervestig.

Oor die vrystelling van die 700 000 ha van staatsgrond vir landboudoeleindes, wat verlede jaar deur pres. Cyril Ramaphosa aangekondig is, het Didiza gesê leenkontrakte vir sowat 206 765 ha is toegeken.

Tammy Breedt, VF Plus-LP, het gesê daar is geen mooi manier dit mooi te stel nie dat die departement besig is om met grondhervorming droog te maak en met die toekoms van Suid-Afrikaners te speel.

Sy het ook uitgevaar oor die miljoene rande wat weer toegewys is aan die sukkelende Landbank wat volgens haar sal neerkom op ’n vermorsing van geld.

Annette Steyn, DA-LP, het gesê grondhervorming vereis ’n bevoegde staat om te slaag en dat jare van beleidsveranderings verwarring veroorsaak het.

“Ons kan die chaos sien met boere met huurkontrakte wat deur die staat van plase afgesit word sonder om die grond aan hulle oor te dra. Voorts is daar onvoldoende ondersteunende vir grondhervormingsdoeleindes wat bydra tot die ineenstorting van grondhervormingsplase.”

Mothusi Montwedi, EFF-LP, het gesê die ANC-regering het met grondhervorming misluk. Die party het beloof dat 30% van grond teen 1999 in swart besit sou wees, maar tans is slegs 10% van grond in swart mense se hande.

Hy het voorts die regering gekritiseer dat hy die proses verwater om die Grondwet te wysig om grondonteiening sonder vergoeding moontlik te maak.

Russel Cebekhulu, IVP-LP, het gesê die R3,3 miljoen wat vir bioveiligheid begroot is om oordraagbare siektes onder vee op plase te beperk, is ’n druppel aan die emmer.

“Die uitbreking van siektes onder vee het groot gevolge vir kleinboere en uitvoere. Die gebrek aan behoorlike maatreëls vir bioveiligheid dui ook op die gebrek aan ywer van die regering om uitbrekings te keer.”

Meer oor:  Thoko Didiza  |  Landbank
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.