Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Lekota g’n op pad uit, sê Cope

Cope het Dinsdag ’n berig ontken dat sommige partylede glo beplan om eerskomende naweek ’n mosie van wantroue teen Mosiuoa Lekota, partyleier, ter tafel te lê.

EWN het Dinsdag berig dat Lekota se planne om aanstaande week as ’n lid van die Nasionale Vergadering (NV) ingehuldig te word, moontlik ontspoor kan word omdat partylede glo beplan om ’n mosie van wantroue teen hom in te stel.

Die party het baie veld verloor in verlede week se algemene verkiesing. Sy steun het vanaf 0,67% oftewel drie setels in die NV na 0,27% (twee setels) gedaal.

Luidens die berig word verstaan dat Cope-lede ontevrede is met Lekota se verbintenis met die burgerregte-organisasie, AfriForum.

Lekota en AfriForum het in September verlede jaar op ’n gesamentlike mediakonferensie aangekondig dat hulle kragte teen grondonteiening sonder vergoeding sal saamsnoer deur die buiteland te vra om druk op Suid-Afrika te plaas om nie die Grondwet te verander nie.

Papi Kganare, Cope sekretaris-generaal, het egter Dinsdag by navraag gesê die berig is nie waar nie.

“Daar is geen kennisgewing van ’n mosie van wantroue voor my nie. Daar is niks van die aard nie,” sê hy.

’n Vergadering van die nasionale leierskap is geskeduleer om aanstaande Saterdag en Sondag in Kempton Park plaas te vind waar die verkiesingsuitslae en veldtog onder meer ontleed sal word.

Meer oor:  Mosiuoa Lekota  |  Cope  |  Politiek  |  Verkiesing 2019  |  Verkiesingsuitslae
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.