Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Lekota uitgeskel op sitting oor grond

Mosiuoa Lekota, leier van Cope, is Woensdag deur inwoners van Mahikeng in Noordwes uitgeskel oor sy standpunt oor die grondkwessie.

Lekota, wat lid van die parlement se grondwethersieningskomitee is, het op ’n openbare sitting van dié komitee stil geluister hoe gemeenskapslede hom uitskel oor sy standpunt oor die grondkwessie.

Landsburgers kan tans hul mening lug oor die eiendomsklousule en die wysiging aan die Grondwet om voorsiening te maak vir onteiening sonder vergoeding.

Die doel van die landwye sittings is sodat die parlement kan vasstel of die Grondwet en spesifiek art. 25 vir dié doel gewysig moet word.

“Lekota, jy is ’n skande! Ons kom vir jou!” het ’n inwoner wat nie sy naam bekend gemaak het nie, voor ’n paar honderd mense in die burgersentrum in Mahikeng gesê.

Mosiuoa Lekota, president van Cope. Foto: Argief

Die man het Lekota fel gekritiseer omdat die Cope-leier al herhaaldelik gesê het wit mense het nie die grond gesteel nie, maar wettiglik gekoop en dat daar geen rede vir onteiening sonder vergoeding is nie.

“As jy direk of indirek voordeel uit Stellenbosch trek, kom ons vir jou,” het hy gesê voordat sy toegelate drie minute verstreke was.

“As jy direk of indirek voordeel uit Stellenbosch trek, kom ons vir jou,” het hy gesê voordat sy toegelate drie minute verstreke was.

Die man het ook die nut van die openbare sittings en die vermorsing van hulpbronne op dié kwessie bevraagteken.

Die man het ook die nut van die openbare sittings en die vermorsing van hulpbronne op dié kwessie bevraagteken.

“Daar was geen besprekings toe die grond gevat is nie,” het die man onder luide toejuiging gesê.

“Daar was geen besprekings toe die grond gevat is nie,” het die man onder luide toejuiging gesê.

Nog ’n inwoner, Moeng Gaidi, het afgewyk van sy toespraak oor waarom die Grondwet verander moet word, en het met Lekota self gepraat. “Of jy daarvan hou of nie, ons vat die grond,” het hy gesê.

Nog ’n inwoner, Moeng Gaidi, het afgewyk van sy toespraak oor waarom die Grondwet verander moet word, en het met Lekota self gepraat. “Of jy daarvan hou of nie, ons vat die grond,” het hy gesê.

Lekota, jy is ’n skande! Ons kom vir jou!
Gaidi het die regering aangemoedig om meer te doen om die grondvraagstuk op te los en het gesê hy het ’n trekker wat hy nuttig kan gebruik.

“Mense soos Steve Biko en Solomon Mahlangu is teleurgesteld in jou. Jy het hulle in die steek gelaat,” het nog ’n spreker, Sfiso Masekela, aan Lekota gesê.

“Mense soos Steve Biko en Solomon Mahlangu is teleurgesteld in jou. Jy het hulle in die steek gelaat,” het nog ’n spreker, Sfiso Masekela, aan Lekota gesê.

Masekela het gesê jong mense is teleurgesteld in Lekota se standpunt hieroor, omdat hy deel van die bevrydingstryd was. “Ons sal nie soos Lekota romanties wees nie. Lekota het ’n romanse met wit mense,” het hy gesê.

https://www.news24.com/SouthAfrica/News/land-the-people-speak-mahikeng-residents-call-lekota-a-disgrace-2018071

Meer oor:  Gronddebat  |  Mosioua Le­Kota
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.