Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Lekota: ‘Vroue is in die meerderheid’

Ons wil hê vroue moet lei, want hulle is in die meerderheid, het Mosiuoa Lekota, leier van Cope, Donderdag by die Nasionale Vrouemonument in Bloemfontein gesê.

Mosiuoa Lekota, leier van Cope, het gister die Nasionale Vrouemonument in Bloemfontein besoek en talle Cope-lede toegespreek. Foto: Mlungisi Louw

Talle Cope-lede het hom op ’n begeleide toer rondom die monument vergesel, waarna hy die groep toegespreek het.

“Die spanning in die strydige sieninge kan ons net seermaak pleks van bou,” sê hy.

Dit was ’n triestige dag en die kenmerkende heldergeel T-hemde van die party het die gange van die oorlogsmuseum bespikkel.

Cope wens ál die vroue van Bloemfontein kon op Vrouedag daar wees.

“Sodat ons vir mekaar kan sê nooit weer sal ons teen mekaar wees nie. Ons kies om vir die nasie te sê ons sal nie toelaat dat ons kinders so grootgemaak word nie.”

Hy glo as die land se mense van die begin af besef het “ons is maar almal Suid-Afrikaners, Suid-Afrikaanse vroue, Suid-Afrikaanse jeug, sou dit nie soveel oorloë geverg het nie”.

Die Vrouemonument is volgens Dané Swanepoel, toerbegeleier, die enigste monument ter wêreld wat ter ere van vroue opgerig is.

“Oorlog gaan gepaard met trots en embleme, maar vir die vroue en kinders het die oorlog net trane en hartseer ingehou,” het sy vir die groot groep mense vertel.

Lekota het op sy beurt verwys na Sol Plaatje se boek Native Life en vertel hoe hy in ’n hoofstuk die lof van wit Afrikaanse vroue besing.

Mosiuoa Lekota, leier van Cope, gister by die Nasionale Vrouemonument in Bloemfontein saam met lede van Cope wat ook daar was. Foto: Mlungisi Louw

“Sol Plaatje het wit vrouens wat die wreedheid van die wet besef het, bedank. Hierdie vroue was teen die regering gekant.”

Volgens Lekota het J.B.M. Hertzog niks uit die tragedie van die oorlog geleer toe hy die Wet op Naturellegrond in 1913 deur die parlement gevoer het nie.

“Só het hy mense teen mekaar gedryf.”

Hy het trots vertel van ’n groep Vrystaatse vroue wat van 1913 tot 1919 “die grootste veldtog nóg” gehou het om dié wet te bestry.

Hy het ook vertel van ’n me. Malan wat destyds ’n stuk van haar eiendom tussen Senekal en Ventersburg beskikbaar gestel het sodat ’n skool gebou kan word. Sy ma het daar skoolgegaan en later ook hy.

“Ons het ’n punt bereik waar dié soort lesse kritiek geword het.”

Meer oor:  Vrouedag  |  Mosiuoa Lekota  |  Bloemfontein
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.