Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Lesotho-aanslae ‘terugslag vir land’
Jose Eduardo dos Santos, president van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap, beskryf die skietery in Lesotho as ’n groot terugslag vir die land.Foto: Reuters

Die moord op Lesotho se weermaghoof is ’n groot terugslag vir pogings om vrede, veiligheid en stabiliteit in dié land te vestig, het die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) gesê.

In ’n verklaring het die SAOG se president, Jose Eduardo dos Santos, die “sluipmoord” Dinsdagoggend op lt.genl Khoantle Motsomotso as “barbaars en gruwelik” beskryf.

Motsomotso is deur twee senior weermaglede by die Ratjomose-barakke in Maseru doodgeskiet waarna hulle ook afgemaai is, maar die presiese besonderhede rondom die voorval en die motief is steeds vaag.

Tom Thabane, eerste minister, het die dood van Motsomotso en twee weermagoffisiere, brig. Bulane Sechele en genl. Tefo Hashatsi, bevestig.

“Die verwikkeling is ’n groot terugslag vir die voortdurende pogings om vrede, veiligheid en stabiliteit in die koninkryk van Lesotho te vestig. Dit is ’n jammerlike gebeurtenis wat ook die heersende vrede en veiligheid van die SAOG-gebied as ’n geheel bedreig,” het Dos Santos gesê.

In ’n poging om die moontlike verdere verslegting van veiligheid in die land te probeer voorkom, het die SAOG tot 10 September ’n ministeriële taakspan na Lesotho gestuur om hom van die gebeure te vergewis.

“Vergaderings sal met alle rolspelers gehou word om behoorlik vas te stel wat die redes vir die sluipmoord was voordat op verdere stappe besluit sal word.

“Die SAOG is baie gretig om vrede en veiligheid in Lesotho te herstel en sal geen moeite ontsien om dit te bewerkstellig nie.”

Volgens News24 is die beweerde sluipmoord gepleeg om onstabiliteit teweeg te bring, terwyl Al Jazeera berig Motsomotso se moordenaars is glo ’n groep soldate wat onlangs afgedank is.

Daar was die laaste ruk politieke onstabiliteit in die land asook bewerings van militêre inmenging in die politiek.

Thabane het drie jaar gelede landuit gevlug omdat hy gevrees het hy is die teiken van ’n moontlike sluipmoordaanval.

Kol. Bulane Sechele is in 2015 ook deur ’n kommissie van ondersoek by die moord op Maaparankoe Mahao, voormalige hoof van die weermag in Lesotho, betrek.

Pres. Jacob Zuma, wat ook die voorsitter van die SAOG is, het die voorval ten sterkte veroordeel.

Meer oor:  Lesotho  |  Saog  |  Sluipmoord  |  Vrede
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.