Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Lesotho op die pad na vrede en stabiliteit – Ramaphosa

Die grondslag vir vrede, stabiliteit en ontwikkeling is gelê en die koninkryk van Lesotho is nou in ’n positiewe baan.

Só het pres. Cyril Ramaphosa Woensdag op ’n besoek aan Maseru, Lesotho se hoofstad, gesê.

Pres. Cyril Ramaphosa (links) groet dr. Tom Thabane, eerste minister van Lesotho, kort nadat hy Woensdag in Maseru aangekom het.Foto: Twitter/Presidensie

Toe hy in 2014 nog adjunkpresident was, is hy deur die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) as fasiliteerder in die politiek onstabiele bergkoninkryk aangestel.

Woensdag het hy na Lesotho teruggekeer vir die afsluitingseremonie van die vergadering oor nasionale dialoog waaraan verskeie rolspelers in Lesotho deelgeneem het. Dit het politieke partye en burgerlike groepe ingesluit.

“Kom ons bou voort op wat ons bereik het. Ons mag nie struikel nie.

“Kom ons bly standvastig en maak seker die grondslag vir vrede, stabiliteit en ontwikkeling wat nou gelê is, word streng bewaak,” het Ramaphosa volgens die presidensie gesê.

Hy is vergesel deur voormalige adjunkhoofregter Dikgang Moseneke wat sy gesant na Lesotho geword het toe Ramaphosa president geword het.

Ramaphosa het Moseneke geloof vir sy groot bydrae tot die suksesvolle onderhandelinge.

Die president en sy afvaardiging het ook ’n welwillendheidsbesoek aan koning Letsie III gebring. Hy het ook met dr. Tom Thabane, eerste minister van Lesotho, vergader.

Die presidensie sê ’n nuwe fase in die geskiedenis van Lesotho begin nou met die inwerkingstelling van die hervormings waarop ooreengekom is. Die nuwe nasionale hervormingsowerheid van Lesotho sal oor dié proses toesig hou.

Ramaphosa is ook vergesel deur dr. Naledi Pandor, minister van internasionale betrekkinge en samewerking, Ayanda Dlodlo, minister van staatsveiligheid, en Candith Mashego-Dlamini, Pandor se adjunk-minister.

Meer oor:  Pres. Cyril Ramaphosa  |  Lesotho  |  Politiek  |  Ampsbesoek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.