Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Lesotho wil nie meer ‘stout kind’ wees
Adj.pres. Cyril Ramaphosa (links) groet dr. Thomas Thabane, premier van Lesotho, Woensdag in Maseru. Ramaphosa was as fasiliteerder van die SAOG in die bergkoninkryk.Foto: GCIS

Die regering van Lesotho het aan adj.pres. Cyril Ramaphosa die versekering gegee dat ’n sogenaamde veelpartydialoog in dié bergkoninkryk gehou sal word om aandag te gee aan kwessies wat die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) pla.

Ramaphosa, wat as fasiliteerder van die SAOG oor Lesotho optree, het Maseru Woensdag besoek.

Dr. Thomas Thabane, premier van Lesotho, het ná ’n ontmoeting met Ramaphosa gesê Lesotho sal alles in sy vermoë doen om nie meer die “stout kind” van Suider-Afrika te wees nie. Hy het die SAOG bedank dat hy vir Lesotho se welstand omgee.

Ramaphosa, wat ook met staatsamptenare, die opposisie en die burgerlike gemeenskap vergader het, sê die veelpartydialoog sal aandag aan onder meer die hervorming van die veiligheidsdienste, media, grondwet en staatsdiens gee. Hy sê die SAOG is dankbaar Lesotho is bereid om sy huis in orde te kry.

Thabane se party, die All Basotho Convention (ABC), het die onlangse verkiesing in dié land gewen, maar te min setels in die parlement gekry om die land alleen te regeer.

’n Koalisieregering is ná die verkiesing gevorm.

Lesotho is die laaste paar jaar deur onstabiliteit en kommer oor militêre inmenging in die politiek geteister.

Meer oor:  Thomas Thabane  |  Cyril Ramaphosa  |  Lesotho  |  Saog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.