Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Lesufi nuwe waarnemende premier in Gauteng

Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng, is as die provinsie se waarnemende premier vir 2020 aangewys.

Lesufi het die nuus op Twitter aangekondig.

Hy is intussen ook nog die waarnemende LUR vir maatskaplike dienste in Gauteng.

Die aankondiging het wyd reaksie op Twitter uitgelok.

Ene @SizweKh00538883 reken Lesufi behoort president te word.

@Allan_2801 wonder of hulle sommer ’n staatsgreep kan uitvoer terwyl die huidige premier, David Makhura, weg is. “Dan kan jy heeltyds premier word,” sê hy.

’n Paar mense het ook onmiddellik wenke bygedra om Gautengers tydens die Nuwejaarsviering te beskerm.

“Hoop jy het die mag gekry om al die tavernes vir die volgende twee dae te sluit sodat die polisie en mediese personeel kan rus...” het @NtsieniUnaado ’n stuiwer in die armbeurs gegooi.

Inwoners van die Ekurhuleni-metro en Emfuleni-munisipaliteit het gepleit dat hy hul streke regruk terwyl hy instaan.


Meer oor:  Panyaza Lesufi  |  Gauteng
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.