Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Lesufi sê askies ná fout met vlag by Bok-wedstryd

Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys, het om verskoning gevra nadat hy verkeerdelik Suid-Afrikaanse rugbyondersteuners in Japan daarvan beskuldig het dat hulle die ou Suid-Afrikaanse vlag op die paviljoen vasgehou het.

Die toeskouers by die wedstryd tussen Suid-Afrika en Wallis in die Wêreldbekerrugbytoernooi is op televisiekameras vasgelê.

Lesufi het ’n skermgreep van die betrokke mans in Suid-Afrikaanse rugbytruie en met wit pruike op by ’n twiet geplaas waarin hy sê: “Daardie vlag bederf dit! Die span @Springboks behoort aan ons almal. Kom ons vermy dit om mekaar onnodig seer te maak. #StrongerTogether.”

Heelwat mense was verward oor die vlag wat oor een van die mans gedrapeer was. Die rooi en wit kleure was by sy heup sigbaar, en die swart, geel en groen kleure was oor sy linkerskouer gedrapeer.

Lesufi het Sondagaand verskoning gemaak nadat sy fout op Twitter uitgewys is.

Die Suid-Afrikaners wat die Springbokke in Japan by die Wêreldbekertoernooi ondersteun het en wat verkeerdelik deur Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys, daarvan beskuldig is dat hulle die ou Suid-Afrikaanse vlag op die paviljoen gehad het. Foto: Twitter

“Ek bied verskoning aan Suid-Afrikaners [.] die aanvanklike hoek was verkeerd! Kom ons vier die span se oorwinning @Springboks met sosiale samehorigheid. Ons is beter saam as verdeeld! Apartheidvlag verdeel en Suid-Afrikaanse vlag verenig! Slaan hulle volgende week!”

Die vier mans het die verskoning aanvaar.

Neels Swanepoel, een van die mans, het gesê hulle wil nie “negatiewe golwe maak nie, want dit was ’n misverstand. Ons wil die hele nasie agter die vlag vereniging. Ons is agter die Bokke, kom ons beweeg aan.”

Twitter-gebruikers het Lesufi daarvan beskuldig dat hy fopnuus versprei en verdeeldheid saai ná die blydskap oor die Springbokke se oorwinning.

Ander het foto’s gedeel wat uit ander hoeke geneem is en beeldmateriaal gedeel om Lesufi se fout uit te wys.

Waldimar Pelser, redakteur van Rapport, het getwiet: “Ja, ons is gatvol vir politici soos Panyaza Lesufi en

@mzwandileMasina wat fopnuus en haat verkondig.”

Pieter-Louis Myburgh, skrywer en ondersoekende joernalis, het getwiet: #fakeracism mense @Lesufi is pateties. Ek voel eintlik jammer vir die groep vreugdestelers wat soos lafaards in ons trotsste oomblikke in die skadu skuil. #BOKKE #StrongerTogether.”

Een gebruiker @vgnaidoo het gesê: “Dit is die post-1994-vlag. Kyk na die ander twiets om te bevestig. Onnodige woede. Kom ons geniet die dag.”

@MissPalulu/PalulusKitchen het gesê: “@Lesufi, as jy mooi kyk, sal jy sien dit is die Suid-Afrikaanse vlag wat oor die man se skouer hang. Ek weet ons is ’n hoogs sensitiewe nasie, maar jy is verkeerd.”

Selfs Clayson Monyela, woordvoerder van die departement internasionale betrekkinge en samewerking, het getwiet: “Dit is patriotte. Dit is ons vlag!”

Meer oor:  Panyaza Lesufi  |  Ou Vlag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.