Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Lesufi sukkel met kleur
Foto 2: ’n Ander skermgreep waar dit duidelik is dat die vlag die nuwe Suid-Afrikaanse vlag is.

Panyaza Lesufi, die LUR vir onderwys in Gauteng, en Mzwandile Masina, die burgemeester van Ekurhuleni, het hulle Sondag die woede van ander Twitter-gebruikers op die hals gehaal toe hulle gedink het hulle sien ’n ou Suid-Afrikaanse landsvlag in TV-beeldmateriaal van die Wêreldbeker-halfeindstryd tussen Wallis en Suid-Afrika in Japan.

Die herrie het skynbaar begin toe Masina getwiet het: “Meer redes waarom ek niks uit te waai het daarmee om hierdie span te ondersteun nie, met sommige van die ondersteuners wat steeds (die) apartheidsvlag dra. Skaam jou vir hierdie barbaarse vertoning van die apartheidsvlag wanneer demokrasie alle Suid-Afrikaners omhels.”

Daarna het Lesufi getwiet: “Daardie vlag bederf dit ongelukkig vir almal. Hierdie span #Springbokke behoort aan ons almal. Kom ons vermy dit om mekaar onnodig seer te maak. #SterkerSaam.”

Verskeie ander Twitter-gebruikers het dit ook later getwiet as sou dit die ou landsvlag wees.

’n Klompie ander gebruikers het egter na ander skermgrepe uit ’n ander hoek gaan soek en gewys dat wat na ’n stukkie van die ou landsvlag lyk, inderwaarheid die gewone landsvlag is .

Op 'n foto wat ook deur ’n Twitter-gebruiker geplaas is, is dit ook duidelik die nuwe vlag. Daar is selfs ’n videogreep waarin dit nog duideliker is dat nie die ou landsvlag is nie.

Sommige van dié Twitter-gebruikers het Lesufi erg gekasty.

Foto 1: ’n Skermgreep van die vlag wat ’n Twitter-gebruiker gesê het is die ou Suid-Afrikaanse landsvlag (‘apartheidsvlag’). Foto’s: TWITTER
Dalk nog duideliker . . .

Meer oor:  Panyaza Lesufi  |  Ou Vlag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.