Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Lesufi terug as Gautengse LUR vir onderwys

Panyaza Lesufi is na die onderwys-portefeulje in die Gautengse uitvoerende raad teruggeskuif.

David Makhura, premier van Gauteng, het twee dae gelede aangekondig dat Lesufi nie in die nuwe raad as LUR vir onderwys sal dien nie, en hy is as die LUR vir finansies aangewys.

Die nuwe LUR'e is Donderdag beëdig.

Makhura het egter Vrydagoggend in 'n mediaverklaring aangekondig dat Lesufi terug in sy ou pos is.

Makhura sê in die verklaring dat die besluit as gevolg van die publiek en die onderwyssektor se terugvoering geneem is.

"Hy sal die provinsie beter dien as hy in die onderwys-portefeulje aanbly en voortgaan met sy goeie werk om te sorg dat ons provinsie die leier is en die voortou in die transformasie neem."

Hy sê die besluit is nie ligtelik geneem nie.

Nomantu Nkomo-Ralehoko, wat by Lesufi sou oorneem, is as die LUR vir finansies en e-regering aangewys. 

Panyaza Lesufi word Donderdag in Johannesburg as LUR vir finansies beëdig. By hom staan regterpresident Dunstan Mlambo. Foto: Christiaan du Plessis

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.