Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Lesufi oor Coligny-saak: ‘Rassiste is breinloos, nikswerd’

“Rassiste moet weet hulle is breinloos en nikswerd en ons is nie bang vir hulle nie. Hierdie land behoort aan ons almal. As rassiste nie hier gelukkig is nie, moet hulle gaan. Vir diegene wat in nierassigheid glo is die toekoms blink.”

So het Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng, uitgevaar toe hy Sondag op ’n nuuskonferensie uitgevra is oor die appèlhof se beslissing dat Pieter Doorewaard (30) en sy vriend Phillip Schutte se appèl suksesvol was.

Die sogenaamde Coligny-2 het teen hul skuldigbevinding aan die moord van die 16-jarige Matlhomola Moshoeu geappelleer.

LEES OOK: ‘Is ons werklik vry?’

Lesufi is op die nuuskonferensie uitgevra oor sy twiet die vorige dag waarin hy ’n beroep op die nasionale vervolgingsgesag (NVG) doen om die saak teen die sogenaamde Coligny-2 nie daar te laat nie.

“Ek opper die kwessie nie as ’n LUR nie, maar ek is baie kwaad en ek dink Suid-Afrikaners moet wees,” het Lesufi Sondag gesê.

“Dit is die NVG en wetstoepassingsagentskappe se werk om die saak weer op te neem. Daardie kind het nie homself dood gemaak nie.”

“Rassiste mag ons nie voorskryf nie. Hulle glo die lewens van swart kinders is nie belangrik nie.

“Hier is ’n kind, 16 jaar oud, vermoor, en daar word vir ons gesê niemand is skuldig nie, dat dit onskuldig was, dit het maar net gebeur. Dit kan nie wees nie.”

Hy het ook sy visier op AfriForum gerig, wat hy bestempel het as ’n organisasie wat “selektief mense verdedig wat wandade pleeg”.

“Ons kan nie arms gevou sit en sê dit is normaal nie.”

Lesufi meen die NVG moet verder appelleer.

“Die NVG moet dringend hierna kyk. Daar is ’n gesin wie se kind doodgemaak is. Ons gaan nie net aanbeweeg nie.”

Soveel as wat mense betoog oor boere wat doodgemaak word, hier is ’n mens wat doodgemaak is vir ’n sonneblom. Om Vadersnaam! ’n Sonneblom!

Pieter Doorewaard (28) en Phillip Schutte (35) van Coligny tydens ’n vorige hofverskyning. Hulle appèl is hierdie week aanlyn aangehoor. Foto: Dulile Sowaga

“Daar is ’n tendens in hierdie land van rassiste wat glo hulle kan maak soos hulle wil. Hulle kan op polisiewaens klim, die wet ondermyn, hof toe gaan, die landdros intimideer en doen wat hulle wil. Daardie tyd is verby.

“Hulle het dalk daarin geslaag om ons grootouers te onderdruk. Hulle het dalk daarin geslaag om ons ouers te onderdruk. Hulle het probeer om ons te onderdruk, en ons het hulle gestop, maar hulle gaan nooit ons kinders en kleinkinders onderdruk nie. Dit stop hier!”

AfriForum het in reaksie Lesufi daarop gewys dat hy eerder op gehalte-onderrig moet fokus as op kleinlike aanvalle op AfriForum oor kwessies wat niks met onderwys te make het nie.

In sy verklaring verwys die burgeregteorganisasie na die "chaotiese en oneffektiewe skoleplasingsproses vir die 2021 akademiese jaar" en dat Lesufi op die nuuskonferensie wat eintlik daaroor gegaan het ""uitgevaar het oor die feit dat die Hoogste Hof van Appèl vir Pieter Doorewaard en Phillip Schutte onskuldig bevind het nadat AfriForum hierdie twee manne se appèlkoste befonds het".

Meer volg later.

Meer oor:  Pieter Doorewaard  |  Phillip Schutte  |  Rassisme  |  Coligny-2  |  Politiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.