Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Likwidateur oorweeg volgende stappe teen Zuma
Anoosh Rooplal

Anoosh Rooplal, likwidateur van VBS Mutual Bank, het Vrydag gesê dat hy regsadvies inwin oor hoe hy sy pogings kan verskerp om oudpres. Jacob Zuma sover te kry om die R7,3 miljoen-lening wat hy by dié bank aangegaan het, terug te betaal.

“Mnr. Zuma en sy regspan het in gebreke gebly om teen die spertyd hul verweer in te dien. Ek kyk saam met my regspan na die volgende stappe,” het Rooplal gesê.

Business Day het Vrydagoggend berig dat die bank se likwidateurs ’n dagvaarding uitgereik het waarin die volle terugbetaling van die lening geëis word.

Hoewel Zuma ’n kennisgewing by die hof ingedien het waarin hy sy voorneme te kenne gee om hom teen die eis te verweer, het hy egter die spertyd gemis om sy verweer in te dien oor waarom die bank verhoed moet word om op sy Nkandla-eiendom beslag te lê.

Zuma het die lening in 2016 aangegaan nadat adv. Thuli Madonsela, voormalige openbare beskermer, bevind het dat hy self vir sekere nie-veiligheidsopgraderings aan sy landgoed moet betaal.

Rooplal het ’n dagvaarding deur die hooggeregshof in Pietermaritzburg laat uitreik en onthul dat Zuma sedert Augustus 2018 in gebreke gebly het om die lening terug te betaal en sy huis kan verloor.

VBS Mutual Bank het in 2018 gevou nadat sowat R2 miljard na bewering deur die bank se direkteure geplunder is.

Zuma se regsverteenwoordiger, Daniel Mantsha, het nie Vrydag op ’n versoek om kommentaar gereageer nie.

Meer oor:  Likwidateur  |  Jacob Zuma  |  Anoosh Rooplal  |  Vbs Mutual Bank  |  Regsadvies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.