Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Los sanksies teen Zim, vra Ramaphosa

Pres. Cyril Ramaphosa het Dinsdag as voorsitter van die Afrika-Unie (AU) op die 75ste algemene vergadering van die Verenigde Nasies (VN) ’n beroep op die internasionale gemeenskap gedoen om ekonomiese sanksies teen Zimbabwe en Soedan weens die koronaviruspandemie op te skort.

Ramaphosa het ook ’n beroep op wêreldleiers gedoen om Afrika met ’n omvangryke stimuluspakket te help. Dít sal Afrikalande nie net help om die gevolge van die pandemie te versag nie, maar ook om hul verwoeste ekonomieë te herbou.

Ramaphosa se boodskap is opgeneem omdat hy ’n verkoue onder lede het.

Die president het verduidelik dat die AU sy eie Covid-19-reaksiefonds op die been gebring en ’n platform vir mediese voorraad gestig het om seker te maak alle lande op die vasteland het toegang tot die nodige toerusting en voorrade.

“Om seker te maak dat geen land agterweë bly nie, herhaal die AU sy posisie dat ekonomiese sanksies teen Zimbabwe en Soedan gelig moet word.”

Pres. Cyril Ramaphosa spreek Dinsdag as voorsitter van die Afrika-Unie die 75ste algemene vergadering van die Verenigde Nasies virtueel toe. Foto: Presidensie

Hy het ook gevra vir die opskorting van rentebetalings op die vasteland se eksterne en openbare skuld.

Hy het die VN, G20-groepering, die Internasionale Monetêre Fonds en die Wêreldbank geloof vir die rol wat hulle speel om oplossings vir ontwikkelende lande se skuld te vind.

“Ons moet ekonomiese geleenthede vir almal oor die wêreld heen uitbrei, veral vir jong mense, vroue en die mees kwesbare mense,” het die president gesê.

Hy het ook gevra vir streng optrede teen rassisme en gesê daar moet ’n einde gemaak word aan vooroordeel en onverdraagsaamheid in alle vorme waar dit ook al voorkom.

Om seker te maak dat geen land agterweë bly nie, herhaal die AU sy posisie dat ekonomiese sanksies teen Zimbabwe en Soedan gelig moet word.

Ramaphosa het gesê die AU vra ’n einde aan die onwettige besetting van Wes-Sahara deur Marokko, en vir die Palestyne se reg op selfbeskikking.

Die AU wil ook hê die ekonomiese sanksies teen Kuba moet ’n einde kry.

Meer oor:  Zimbabwe  |  Sanksies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.