Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Lotriet mik vir toppos in DA
Dr. Annelie Lotriet

Dr. Annelie Lotriet, DA-LP en voorsitter van die DA in die Vrystaat, is benoem vir die pos van federale voorsitter van die DA.

Athol Trollip, die huidige voorsitter en burgemeester van die Nelson Mandela-baai-metro, en Solly Msimanga, burgemeester van Tshwane, is ook aanspraakmakers vir die pos.

Lotriet sê sy aanvaar die benoeming ná deeglike oorweging of sy ’n goeie bydrae tot die party op daardie vlak en in daardie pos sal kan maak.

“Ek staan nie om ’n pos te kan vul of om ’n politieke profiel te bou nie, maar om die politieke, strategiese en operasionele sinergie van die party te versterk.”

Sy sê deurdat sy haar derde termyn as Vrystaatse provinsiale voorsitter van dié party uitdien, is sy deeglik bewus van die belangrike rol wat ’n voorsitter speel om die provinsiale leiers en federale leier te ondersteun.

“Ek glo ook dat die rol en funksies van die federale voorsitter herdefinieer moet word met groter klem op die kohesie en interaksie tussen die provinsiale voorsitters van die DA om die toepassing van die party se programme te versterk.

Die DA se federale kongres word op 7 en 8 April gehou waar die verkiesing van nuwe leiers sal plaasvind.

Mmusi Maimane, DA-leier, is onbestrede weer as leier benoem, terwyl die verkiesing sal bepaal wie die nuwe federale voorsitter van die party sal wees.

Die verkiesing vir ander poste in die party op nasionale vlak, sal ook gehou word.

Meer oor:  Da  |  Athol Trollip  |  Vrystaat
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.