Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
LP’s nie beïndruk met SOE’s se oudits
Kimi Makwetu, ouditeur-generaal.Foto: DAILY SUN

Onreëlmatige uitgawes van staatsdepartemente en -entiteite het die afgelope boekjaar van R50,97 miljard tot R61,35 miljard gestyg.

So het die parlement Woensdag gehoor toe Kimi Makwetu, die ouditeur-generaal (OG), hul ouditresultate vir die 2018-’19-boekjaar op ’n gesamentlike sitting van die staande komitee oor openbare rekeninge (Skoor) en die staande komitee oor toedelings (SKT) bekend gemaak het.

Mkhululeko Hlengwa, Skoor-voorsitter, en Xolisile Qayiso, waarnemende SKT-voorsitter, sê in ’n verklaring die finansiële toestand en bestuur van veral staatsentiteite (SOE’s) is kommerwekkend.

“Uit die 14 SOE’s wat deur die OG geoudit is, het 11 swak ouditresultate gekry, hoofsaaklik weens die nie-nakoming van verkrygingsbestuursprosesse.

“Dit is ook kommerwekkend dat daar in dié boekjaar staatswaarborge aan 11 SOE’s uitgereik is. Dit sluit SOE’s in wat nie deur die OG geoudit is nie.

“Die totale staatsblootstelling met betrekking tot die staatswaarborge het R328 miljard beloop.”

Sowat R350 miljard van die totale staatswaarborge is aan die sukkelende Eskom uitgereik.

Die voorsitters het bygevoeg dat die staatswaarborge vir SOE’s die begrotingstekort, staatskuld en leenuitgawes verhoog het, wat tot die verlaging van die land se skuldgradering gelei het.

Die komitees het luidens die verklaring ook kennis geneem van die jaarlikse onreëlmatige uitgawes van die regering, wat tot R61,35 miljard gestyg het.

Luidens die verklaring het die jaarlikse vrugtelose en vermorste uitgawes afgeneem van R2,57 miljard tot R1,42 miljard. Ongemagtigde uitgawes het van R2,13 miljard tot R1,65 miljard afgeneem.

“Dit is belangrik dat hierdie tipe uitgawes aanhou daal totdat dit heeltemal uitgewis word. Gevolgebestuur sal help verseker dat vrugtelose, vermorste en ongemagtigde uitgawes iets van die verlede word,” sê Hlgengwa en Qayiso.

Die komitees het ook hul kommer uitgespreek oor ander staatsinstellings soos die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL), wat die afgelope twee jaar geen finansiële state ingedien het nie.

“Dit dui op die minagting wat die SAL vir wetgewing het en stel ’n verkeerde presedent,” lui die verklaring.

Meer oor:  Parlement  |  Lps  |  Oudits  |  Staatsdepartemente
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.