Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
LP’s se stembriewe bly geheim, sê parlement

Al die nodige maatreëls is in plek om te verseker dat die integriteit van die geheime stembrief nie in die gedrang kom nie. Dit maak dit onmoontlik dat die identiteit van LP’s nagespeur kan word.

Die parlement het Woensdagoggend dié versekering gegee in die lig van die voortslepende openbare debat oor hoe sekere LP’s verlede week in die wantrouemosie in pres. Jacob Zuma gestem het.

Die enigste drukwerk wat volgens die parlement op die stembriewe aangebring is, is die waarmerkteken en drie stemkeuses: “Ja”, “Nee” en “Buite Stemming”.

“Om verder die konfidensialiteit van die proses te verseker, is geen toestelle in die stemhokkie toegelaat nie; fotojoernaliste met zoemlenskameras is versoek om die galery te verlaat en die operateurs van televisiekameras in die raadsaal is opdrag gegee om nie op die stemhokkies te fokus nie,” lui ’n verklaring.

“Die stembriewe is later in argiefbokse agter slot en grendel gebêre en mag slegs oopgemaak word in opdrag van die speaker van die Nasionale Vergadering of ’n hof.”

Zuma het die mosie met 198 stemme teenoor 177 oorleef en die ANC het aangedui dat “meer as 25” van die LP’s ten gunste van dié mosie deur die opposisie gestem het.

Gwede Mantashe, ANC-hoofsekretaris, het Dinsdag aangedui dat die ANC tugstappe ingevolge die party se grondwet teen minstens drie LP’s gaan doen. Verskeie politieke kenners het reeds gesê dit gaan moeilik wees om te bewys hoe LP’s gestem het, aangesien die stemmery in die geheim plaasgevind het.

Meer oor:  Parlement  |  Versekering
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.