Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Lucky Montana getuig

Lucky Montana, voormalige uitvoerende hoof van die Passasierspooragentskap (Prasa), getuig voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping.

Montana is in 2020 in getuienis voor die kommissie daarvan beskuldig dat hy in sy tyd by Prasa by onreëlmatige tenderprosedures betrokke was en dat hy onder meer vir ’n R800 miljoen-tender vergoed is deurdat eiendom vir hom gekoop is – waaronder ’n luukse huis in Waterkloof, Pretoria.

Die aankoop van vier eiendomme met 'n gesamentlike waarde van R36 miljoen, waarvan die Waterkloof-huis een is, is deur die kommissie ondersoek om te probeer vasstel hoe dit moontlik met die toekenning van Prasa-tenders verbind kan word.

Montana het in Januarie in 'n verklaring teen die Zondo-kommissie uitgevaar en gesê hy het verdoemende getuienis oor hoe die kommissie te werk gaan en die selektiewe voorkeur van getuienis wat gebruik word.

16 Apr. 16:16:55

Montana getuig verder.

16 Apr. 16:04:19

Die sitting verdaag vir enkele minute waarna Montana sal aangaan met sy getuienis.

16 Apr. 13:08:44

Die sitting verdaag vir middagete tot 14:10.

16 Apr. 10:57:52

Die sitting verdaag tot 11:15 vir tee.

16 Apr. 10:01:09

Die sitting begin.

Meer oor:  Staatskaping  |  Politiek  |  Zondo-Kommissie  |  Prasa  |  Lucky Montana
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.