Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Lungisa bekyk, maar geen opdrag om hom te ontslaan

Daar was geen opdrag van die ANC se nasionale uitvoerende komitee (NUK) dat die ANC in die Oos-Kaap moet ontslae raak van Andile Lungisa, raadslid van die Nelson Mandelabaai-metro, nie.

Lulama Ngcukayitobi, provinsiale sekretaris, het Woensdag gesê die provinsiale uitvoerende komitee (PUK) het beslis nie so ’n opdrag gekry nie.

Andile Lungisa Foto: Verskaf

Dit volg ná berigte dat Oscar Mabuyane, provinsiale voorsitter, opdrag van die NUK gekry het om Lungisa te ontslaan.

Lungisa is lid van die burgemeester Mongameli Bobani se uitvoerende komitee.

“Die berig in die Daily Dispatch het geen naam by nie. Ek kan nie reageer op ’n berig sonder ’n naam nie. Ons het Lungisa nie bespreek nie en daar was ook nie so ’n opdrag nie,” sê Ngcukayitobi.

’n Lid van die PUK het egter op voorwaarde van anonimiteit aan Netwerk24 bevestig dat ’n besluit geneem is om te kyk na Lungisa se situasie.

“Hy het ’n verleentheid geword omdat hy skuldig bevind is aan aanranding. Ons gaan na sy posisie kyk, maar daar was geen sprake van afdanking nie,” het die bron gesê en bygevoeg dat hulle in die Ramaphosa-era nie kan toelaat dat mense wat skuldig bevind is aan ’n misdaad, die party in regeringstrukture verteenwoordig nie.

Lungisa besorg Mabuyane al hoofbrekens sedert hy in September 2017 tot voorsitter verkies is. Lungisa was die leier van die ANC-kamp wat Phumulu Masualle gesteun het en Masualle het uiteindelik die stryd teen Mabuyane verloor.

Lungisa en ’n groep ander mense, wat Masualle ingesluit het, het appèl aangeteken by die NUK omdat hulle gemeen het daar was nie ’n kworum op die konferensie waar Mabuyane gekies is nie. Verskeie mense het uitgeloop ná ’n bakleiery waarin stoele rondgegooi is.

Lungisa het ook al openlik gesê hy erken Mabuyane nie as die wettige voorsitter van die provinsiale strukture nie.

Volgens ’n berig in die Sunday Times was Lugisa ook lid van ’n groep ANC-lede wat in die Maharani-hotel in Durban byeengekom het om planne te maak om ontslae te raak van Ramaphosa.

Hy is skuldig bevind aan aanranding nadat hy in Oktober 2016 ’n glasbeker oor die kop van Rano Kayser op ’n raadsvergadering gebreek het.

Lungisa was nie beskikbaar vir kommentaar nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.