Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
LUR ‘sal nie rus tot geslagsgeweld afneem’

Albert Fritz, Wes-Kaapse LUR vir gemeenskapsveiligheid, het sy kommer uitgespreek oor die onaanvaarbare vlaag van geslagsgeweld in die land.

Oor die afgelope twee weke is verskeie lede van die LGBTQI+-gemeenskap van oor die land heen aangeval of vermoor.

Albert Fritz, Wes-Kaapse LUR vir gemeenskapsveiligheid. Foto: Peter Abrahams, Son

Die lyk van die 22-jarige Lonwabo Jack, ’n gay man, is verlede Sondagoggend in ’n plas bloed in Mau-Mau, Nyanga-oos, gevind.

Jack het enkele ure voor sy moord sy 22ste verjaardag saam met vriende gevier, het Netwerk24 berig.

’n 17-jarige beskuldigde het Donderdag in die hof verskyn in verband met Jack se moord.

Fritz sê voorvalle van geweld soos die een op Jack skud hom tot in sy fondamente, en kom volgens hom neer op haatmisdaad. Dit laat ernstige vrae by hom ontstaan oor die euwels in die samelewing.

Die polisie se ondersoek na die geweld duur voort. Fritz het ’n beroep gedoen vir groter doeltreffendheid met die prosessering van DNS-monsters by die nasionale forensiesewetenskap-laboratorium.

“Wanneer ons praat van geslagsgeweld sluit dit almal in wat ly as gevolg van geweld, en wat selfs vermoor word as gevolg van die reaksie van mense in die samelewing en die persepsie rakende geslag.

“Dit sluit mense in soos Lonwabo wat ’n grusame dood gesterf het op sy verjaardag. Niemand verdien dit nie.”

Fritz sê hy gaan nie rus totdat daar ’n drastiese afname in geslagsgeweld is nie.

Hy gaan ’n brief rig aan die afdeling vir geslagsgeweld by die Court Watching Brief, die eenheid wat misdaadsake wat van die hofrol geskrap word monitor, met die versoek dat hulle dié geval van geslagsgeweld sowel as ander wat nie genoegsame aandag en fokus kry nie, opvolg.

Die beskuldigde in Jack se moordsaak was glo saam met hom op skool. Hy is Dinsdagaand in Eersterivier in hegtenis geneem.

Jack is in die hart gesteek. Volgens sy familie was hy openlik oor sy seksuele oriëntasie.

Die beskuldigde se hofsaak is tot 29 April uitgestel.

Meer oor:  Albert Fritz  |  Geslagsgeweld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.