Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
LUR sê jammer ná uitlatings oor wit mense, Indiërs

Faith Mazibuko, LUR vir sport en ontspanning in Gauteng, gaan voor die ANC se integriteitskommissie in die provinsie verskyn oor haar “onaanvaarbare uitlatings” oor wit mense en Indiërs.

Sy is ook gevra om wit mense en Indiërs in die openbaar om verskoning te vra, sê Jacob Khawe, die ANC se sekretaris in Gauteng.

Faith Mazibuko, LUR vir sport, kuns, kultuur en ontspanning in Gauteng. Foto: Collen Mashaba

Dit volg op die bekendmaking van ’n klankgreep van ’n vergadering waarop Mazibuko op senior personeellede skree omdat sportgeriewe wat aan gemeenskappe beloof is, nog nie gebou is nie. Die klankgreep is aan amaBhungane gegee.

Op die klankgreep kan gehoor word hoe Mazibuko aan twee vroue sê hulle kan dankbaar wees dat hulle werk het, gegewe hul velkleur.

“Sommige departemente wil nie eens ’n wit vrou of ’n Indiërvrou sien nie. Dit gaan nie oor rassisme nie. Dit is omdat julle daarvan hou om Engels te praat.”

Sy het na bewering druk op die amptenare uitgeoefen om tenderprosesse te omseil om die sportgeriewe voor die verkiesing te bou sodat sy stemme daarmee kan werf.

Mazibuko het Donderdag, nadat Khawe met haar gepraat het, ’n verklaring uitgereik waarin sy die senior amptenare wat op die vergadering was, almal in die departement en die mense van Gauteng, om verskoning vra vir haar stemtoon en “algemene gedrag” op die vergadering. Sy ontken dat sy onwettige opdragte gegee het. Sy het net beklemtoon hoe belangrik dit is dat die departement sy prestasieteikens behaal om beloftes wat aan die gemeenskap gemaak is, gestand te doen. Sy wys daarop dat die klankopname die vertroulikheid van die vergadering verbreek. Khawe ontken ook dat Mazibuko tenderregulasies wou omseil. “Die opdrag maak sin, as dit net nie vir die rasse-uitlatings was nie.”

Helen Zille, premier van die Wes-Kaap, sê Mazibuko se uitlatings is iets waaroor mense woedend kan raak. “Behalwe vir die manier waarop sy opdragte gee, sê sy ook waarom die ANC nie ‘Indiërs en wit mense’ as senior amptenare wil hê nie. Wat ’n verrassing,” het sy getwiet.

Meer oor:  Faith Mazibuko  |  Politiek  |  Uitlatings  |  Anc  |  Integriteitskommissie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.