Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
LUR vir gesondheid in KZN ‘het bloed op sy hande’

Die KwaZulu-Natalse departement van gesondheid sukkel om onkoloë na die provinsie te trek, sê dr. Musa Gumede, waarnemende departementshoof.

Hy het Maandag terugvoer gegee aan die Menseregtekommissie (MRK) in Johannesburg oor die onkologie-krisis in KwaZulu-Natal. Dr. Sibongiseni Dhlomo, LUR vir gesondheid in die provinsie, het ook voor die kommissie verskyn.

Dr. Sibongiseni Dhlomo

Die Universiteit van KwaZulu-Natal het sy akkreditasie vir die opleiding van onkoloë verloor. Dit het ’n impak op die provinsie se vermoë om die onkologie-krisis op te los, sê Gumede.

Hy het wel gesê die nuwe behandelingseenheid by die Ngwelezane-hospitaal naby Empangeni het gehelp om die agterstand in Durban met 500 pasiënte te verminder.

Dr. Imraan Keeka, DA-woordvoerder oor gesondheid in KwaZulu-Natal, sê pasiënte wag 12 maande voordat hulle hul eerste afspraak kan kry.

Keeka sê daar is darem lig in die tonnel deurdat twee masjiene vir die behandeling van kanker in Julie by die Addington-hospitaal in Durban in gebruik geneem sal word.

Daar is nog net drie onkoloë by die Grey’s-hospitaal in Pietermaritzburg nadat een onlangs bedank het.

Die Inkosi Albert Luthuli-hospitaal sal in Junie ’n nuwe onkoloog kry.

Keeka sê die verhoor Maandag was gekenmerk deur teenstrydighede en vurige pogings deur Dhlomo en Gumede om die wol oor die kommissie se oë te trek.

“Erger nog – die LUR (Dhlomo) probeer homself daar uitwurm om sodoende nie verantwoordelikheid te aanvaar vir die voortslepende onkologie-krisis in die provinsie, wat tot die dood van sowat 500 kankerpasiënte gelei het nie,” sê Keeka.

Hy sê dis al ’n jaar sedert die MRK Dhlomo skuldig bevind het aan die skending van die regte van kankerpasiënte in die provinsie om behandeling in staatshospitale en klinieke te ontvang.

Keeka sê Dhlomo probeer die skuld op enigiemand behalwe homself pak. “Hy het selfs Tecmed, die maatskappy wat voorheen verantwoordelik was vir die onderhoud van die provinsie se onkologiemasjiene, die skuld gegee.

“Die DA moedig die MRK aan om daarmee vol te hou om aanspreeklikheid te eis. Hulle kan nie toelaat dat die LUR geregtigheid ontkom nie.”

Hy sê die DA oorweeg steeds die moontlikheid om ’n klag van strafbare manslag teen Dhlomo aanhangig te maak. “Hy het bloed op sy hande en hy moet betaal vir sy rol in die provinsie se onkologie-krisis.”

Meer oor:  Mrk  |  Sibongiseni Dhlomo  |  Kanker  |  Gesondheid
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.