Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
LUR wil Gauteng se paaie binne 6 maande herstel

Jacob Mamabolo, Gautengse LUR vir paaie en vervoer, het Gautengers die versekering gegee dat hy alles in sy vermoë sal doen om te verseker dat die provinsie se paaie vinnig herstel word.

Hy het aan die TV-nuuskanaal eNCA gesê motoriste sal binne ses maande ’n beduidende verbetering op paaie sien. “Ons spanne sal in die week en oor naweke werk om slaggate in die provinsie se paaie te herstel,” het Mamabolo gesê.

Hy sê die herstelwerk aan paaie sal Saterdag reeds begin wanneer die departement van paaie en vervoer se Smart Mobility Weekends-veldtog bekend gestel word.

Melitah Madiba, woordvoerder van die Gautengse departement van paaie en vervoer, het Vrydag in ’n verklaring gesê die veldtog word in samewerking met munisipaliteite aangepak. “Die doel is om die algehele toestand van Gauteng se paaie te verbeter. Dit is nie net beperk tot die herstel van slaggate nie, maar sluit ook in die herstel van verkeersligte en padtekens, asook om die gras te sny,” sê sy. Daar sal ook in die week herstelwerk gedoen word.

Mamabolo sê aan eNCA daar is besluit om oor naweke te werk sodat die uitwerking op motoriste minimaal sal wees gedurende die week. “Ons wil die ontwrigting so min as moontlik hou op paaie, veral wanneer mense werk toe gaan en terug,” sê hy.

Die veldtog sal Saterdag in Strijdompark in Johannesburg by die Quandrant-afrit naby die N1-snelweg en Malibongwe-rylaan begin.

Intussen het die DA Mamabolo se planne om paaie te herstel, verwelkom.

Fred Nel, DA-woordvoerder oor paaie en vervoer in Gauteng, sê egter hy is skepties oor Mamabolo se tydsraamwerk vir die herstelwerk. “Ons het al in die verlede gesien hoe kontrakteurs die proses kan vertraag. Dit is slegs wanneer die kontrakteurs hul kant bring dat die werk binne ses maande voltooi sal word. Ons hoop Mamabolo sal suksesvol wees in sy pogings om die paaie te herstel,” sê hy.

Meer oor:  Jacob Mamabolo  |  Gauteng  |  Paaie  |  Slaggate
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.