Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Mabuza hou die leisels wyl Cyril IAO-byeenkoms bywoon

Adj.pres. David Mabuza is deur adjunkhoofregter Raymond Zondo as Suid-Afrika se waarnemende president beëdig om waar te neem terwyl pres. Cyril Ramaphosa in Switserland is.

Ramaphosa het Sondag na Genève, Switserland, vertrek om die honderdste konferensie van die Internasionale Arbeidsorganisasie (IAO) by te woon.

Hy word vergesel van Thulas Nxesi, minister van werkskepping en arbeid, asook ’n afvaardiging van die nasionale ekonomiese ontwikkelings-en-arbeidsraad (Nedlac).

Pres. Cyril Ramaphosa en sy span in Genève, Switserland. Foto: Twitter/PrezidencyZA

Foto’s van Mabuza se beëdiging is Maandag deur die presidensie sowel as die regering op Twitter gedeel.

Pres. Cyril Ramaphosa, Thulas Nxesi, minister van werkskepping en arbeid, en ’n afvaardiging van Nedlac woon die honderdste konferensie van die Internasionale Arbeidsorganisasie in Genève, Switserland, by. Foto: Twitter/PrezidencyZA

Ramaphosa is in Mei 2018 as medevoorsitter aangewys van die IAO se wêreldwye kommissie oor die toekoms van werk in die veranderende wêreld van vandag.

Hy het saam met sy medevoorsitter, die Sweedse premier, Stefan Löfven, ’n span mense gelei wat aanbevelings moes doen oor die uitdagings van die wêreldwye ekonomie wat teweeggebring word deur tegnologiese vooruitgang, demografie, globalisering en klimaatsverandering. Hulle moes ook kyk na die  invloed op werkers en die aard en toekoms van werk in dié omstandighede.

Ramaphosa sal praat by die IAO-konferensie, waar die uitkomste van die kommissie se werk onder meer aan die genooide staatshoofde voorgelê sal word. Tien aanbevelings word in die kommissie se verslag gedoen, luidens ’n verklaring wat deur die presidensie uitgereik is.

Die IAO se arbeidskonferensie waarheen regerings, arbeid en die sakesektor genooi word, is ’n jaarlikse instelling om hedendaagse kwessies van gemeenskaplike belang in die wêreld se arbeidsmark te bespreek en om internasionale arbeidstandaarde te aanvaar



MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.