Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Mabuza se oud-segsman steek glo hand in staat se sak
James Masango, DA-LW in Mpumalanga en woordvoerder oor die premierskantoor.Foto: Alet Joubert
David Mabuza, adjunkpresident en voormalige premier van Mpumalanga. Foto: Theana Breugem

David Mabuza, adjunkpresident en voormalige premier van Mpumalanga, se destydse woordvoerder het hom glo wangedra deur staatsgeld aan verklarings vir persoonlike of partydoeleindes te bestee.

Die Staatsdienskommissie (PSC) het ná ’n klag van die DA in Mpumalanga bevind dat Zibonele Mncwango tydens Mabuza se premierskap met ’n “gebrek aan die beroepsetiek wat van ’n openbare amptenaar verwag word” opgetree het.

James Masango, DA-LW en woordvoerder oor die premierskantoor, sê in ’n verklaring dat die DA ’n klag by die PSC ingedien het nadat Mncwango ’n verklaring “met hulpbronne van die staat uitgereik het” om Mabuza teen aantygings deur Mathews Phosa te verdedig.

Phosa, voormalige premier van Mpumalanga, het Mabuza destyds daarvan beskuldig dat hy ’n spioen tydens apartheid was.

Volgens Masango het die huidige premier, Refilwe Mtshweni, in Mei vanjaar by navraag ook Mncwango se optrede verdedig en glo gesê die kwessie tussen Mabuza en Phosa was persoonlik, en geen staatsgeld is daaraan bestee nie.

Die PSC het aanbeveel dat Kgopana Mohlasedi, direkteur-generaal in die premierskantore, stappe teen Mncwango doen en gepaste maatreëls instel om verdere misbruik van staatsgeld te vermy.

* Die verslag van die Staatsdienskommissie kan hier gelees word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.