Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Mabuza sien glo nie kans vir pos as adjunk-president
Adj.pres. David Mabuza

Suid-Afrika kan moontlik ’n nuwe adjunkpresident kry.

Dit is as daar enige waarheid in ’n koerantberig steek dat adj.pres. David Mabuza nie meer kans sien vir dié pos nie.

Die Sunday Times het Sondag berig dat Mabuza glo nie meer die aptyt het om terug te keer as Suid-Afrika se adjunkpresident nie. Dié pos word soos ander kabinetaanstellings deur die president gevul.

Pres. Cyril Ramaphosa, wat eerskomende Saterdag op Loftus Versfeld in Pretoria as president ingehuldig sal word, sal na verwagting sy kabinet kort daarna aanwys.

’n Ooreenkoms word luidens die berig uitgewerk wat daartoe kan lei dat Mabuza permanent by Luthuli-huis, die ANC se hoofkantoor, gesetel sal wees as die party se hoogste funksionaris, terwyl Paul Mashatile, ANC-tesourier-generaal, glo sy plek in die Uniegebou sal inneem. Kommer oor sy gesondheid is as ’n rede vir Mabuza se beweerde besluit voorgehou.

Thami Ngwenya, Mabuza se woordvoerder, het Sondag gesê dit is ’n “ANC-kwessie” en dat hy nie daarop kommentaar kan lewer nie. Hy het navrae na die ANC verwys.

Pule Mabe, ANC-woordvoerder, het nie op navrae gereageer nie. Ook Mashatile het nie op ’n selfoonteksboodskap gereageer nie.

Kommer oor sy gesondheid is glo as ’n rede vir Mabuza se beweerde besluit voorgehou.

Daar is verder sprake daarvan dat Bathabile Dlamini, minister in die presidensie belas met vroue en die voorsitter van die ANC-vroueliga, ook nie in Ramaphosa se kabinet geakkommodeer sal word nie.

Luidens dieselfde berig was die Vroueliga geskeduleer om Sondag met Ramaphosa te vergader. Hy wil glo nie Dlamini in sy kabinet opneem nie en is bereid om die kritiek van die Vroueliga sowel as ander strukture te aanvaar wat Dlamini ondersteun.

Meokgo Matuba, woordvoerder vir die ANC-vroueliga, sowel as Khusela Diko, Ramaphosa se woordvoerder, kon nie Sondag vir kommentaar bereik word nie.

Meer oor:  Adjunkpresident  |  Anc  |  President  |  David Mabuza
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.