Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Winde skors Madikizela as LUR

Bonginkosi Madikizela, Wes-Kaapse LUR vir vervoer en openbare werke, is deur die DA uit sy amp geskors.

Alan Winde, premier van die Wes-Kaap, het Donderdag in ’n verklaring gesê hy het Woensdag met Madikizela vergader en ’n verduideliking gevra oor ongerymdhede in Madikizela se CV en dat hy na bewering ’n joernalis hieroor mislei het.

Winde het besluit om Madikizela vir 14 dae te skors.

“Ek het dit in ons vergadering duidelik gemaak dat dit nie vir my en die mense van die Wes-Kaap onderhandelaar is om met integriteit op te tree nie,” sê Winde.

’n Ondersoek sal nou gedoen word in die 14 dae dat Madikizela geskors is. Sy skorsing geld onmiddellik.

Winde het gesê hy sal ’n finale besluit neem oor Madikizela se posisie in sy provinsiale uitvoerende raad wanneer al die feite op die tafel is.

Tertius Simmers, LUR vir menslike nedersettings, is deur Winde aangestel om in Madikizela se plek waar te neem.

Bonginkosi Madikizela Foto: Malherbe Nienaber
Meer oor:  Bonginkosi Madikizela  |  Alan Winde  |  Wes-Kaap  |  Geskors
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.