Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Madikizela ondersoek oor tersiêre kwalifikasie

Bonginkosi Madikizela, Wes-Kaapse leier van die DA, gaan intern ondersoek word omdat hy glo aanspraak maak op ’n tersiêre kwalifikasie wat hy nie het nie.

Helen Zille, voorsitter van die DA se federale raad, het dit Woensdagoggend aangekondig.

Madikizela is die Wes-Kaapse LUR vir vervoer en openbare werke en een van drie kandidate wat gaan meeding om die volgende DA-burgemeester van Kaapstad te word.

“Die DA neem met kommer kennis van die bewering dat die CV van Bonginkosi Madikizela, die party se Wes-Kaapse leier, aanspraak maak op ’n kwalifikasie waaroor hy nie beskik nie.

“Die DA beskou dit in ’n ernstige lig en sal die behoorlike proses volg om die feite vas te stel en gevolglike optrede te neem. Die aangeleentheid is na die DA se federale regskommissie vir ondersoek verwys,” sê Zille.

Bonginkosi Madikizela, Wes-Kaapse leier van die DA. Foto: Jaco Marais

Die herrie oor Madikizela se tersiêre kwalifikasies kom nadat Daily Maverick Dinsdag berig het Madikizela beskik nie oor die BCom-graad in mensehulpbronbestuur soos hy in sy amptelike biografie, wat ook op die Wes-Kaapse regering se webtuiste gepubliseer word, aandui nie.

“Die DA het erken dat hy nooit sy kwalifikasies nagegaan het nie,” het die publikasie verder berig.

Madikizela is saam met Dan Plato, huidige burgemeester van Kaapstad, en Geordin Hill-Lewis, DA-LP, die drie kandidate wat hul name in die hoed gegooi het om na later vanjaar se munisipale verkiesing die volgende DA-burgemeester van die Kaapstad-metro te word.

Vroeër is berig hoe die drie se interne onderhoude daarvoor egter uitgestel is nadat probleme met die keuringspaneel die afgelope Vrydag kop uitgesteek het.

• Lees later meer hieroor.


Meer oor:  Da  |  Bonginkosi Madikizela  |  Ondersoek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.