Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Madikizela kap ‘agenda van bose mense’

Bonginkosi Madikizela, Wes-Kaapse LUR en provinsiale DA-leier, het die naweek teruggekap ná aantygings oor sy kwalifikasies en sê dit is “deel van ’n agenda deur bose mense” in sy eie party.

Bonginkosi Madikizela Foto: Malherbe Nienaber

Madikizela sê dié skandaal het alles te doen met die interne mededinging om die DA se burgemeesterskandidaat vir Kaapstad in die komende plaaslike verkiesings te word.

“Die idee dat hulle iemand sal hê wat hulle nie kan beheer of na hul belange sal omsien nie het hulle vreesbevange gemaak. Dit is wat ek deurgaan elke keer as ek meeding om ’n pos in die party of regering.”

Hy is voorheen daarvan beskuldig dat DA-skenkers vir sy verjaardagkoek betaal het en dat hy glo ’n mededinger vir die party se provinsiale leierskap verlede jaar wou laat “vermoor” het.

Alan Winde, premier, het Donderdag bekend gemaak dat Madikizela as LUR vir vervoer en openbare werke vir 14 dae geskors word terwyl die aantygings teen hom ondersoek word.

Madikizela het die naweek ook daarop gewys dat hy vrywillig vir dié tydperk afstand gedoen het van die DA se provinsiale leierspos. Albert Fritz, LUR vir gemeenskapsveiligheid en adjunkleier, neem nou waar.

Madikizela het Saterdag op Facebook geskryf dat dit menslik is om foute te maak en “wanneer jy ’n fout maak, staan jy nederig voor God en vra om vergifnis”.

Hy het ook die mense wat die afgelope week boodskappe van steun gestuur het, bedank.

Dit is mense soos julle wat my laat opstaan, my laat ophou jammer vir myself voel en die wêreld laat aandurf. Dit is swart, wit, bruin en Indiërmense. Hulle sien deur die agenda van bose mense in my party.

“Dit is mense soos julle wat my laat opstaan, my laat ophou jammer vir myself voel en die wêreld laat aandurf. Dit is swart, wit, bruin en Indiërmense. Hulle sien deur die agenda van bose mense in my party.”

Daily Maverick het vandeesweek berig dat hy nie Madikizela se CV in die hande kon kry of bevestig dat hy wel ’n BCom-graad in menslikehulpbronbestuur verwerf het nie. Tot onlangs was dit so in sy biografie op die provinsiale regering se webwerf aangedui.

Lees hier meer oor Madikizela en sy DA-kollegas.

Hy het vroeër aan joernaliste gesê dat hy aan Unisa studeer het en later dat hy nie die graad voltooi het nie en dit verkeerdelik so aangedui is.

Madikizela dien al sedert 2009 as LUR en is onder Helen Zille, voormalige premier, as LUR vir menslike nedersettings aangewys.

Zille, voorsitter van die DA se federale raad, het Woensdag bekend gemaak dat die DA se federale regskommissie nou bepaal of Madikizela op bedrieglike wyse aanspraak op ’n graad gemaak het.

Lees hier oor die kwessie van sy kwalifikasies.

Hy het Saterdag beklemtoon dat hy homself “nederig sal onderwerp” aan die prosesse wat ontvou en dat hy sy straf sal aanvaar. Hy het ook die hoop uitgespreek “dat die straf die oortreding sal pas”.

Die naweek het Rapport berig verskeie DA-amptenare glo dat Madikizela se kwalifikasies aan sy moontlike mededingers vir die burgemeesterskandidaat uitgelek is, maar hulle het dit ontken.Onderhoude vir dié pos is vandeesweek op die nippertjie uitgestel en sal deur ’n paneel van 22 DA-afgevaardigdes gevoer word.

Winde het Donderdag aangekondig dat Tertius Simmers, LUR vir menslike nedersettings, in Madikizela se plek sal waarneem tydens die ondersoek.

Daarna is aantygings ook gemaak oor Simmers se kwalifikasies, maar Winde en die DA het dit as fopnuus afgemaak. Dit is later verwyder.

Winde het Vrydag gesê Simmers se CV en profiel op LinkedIn het nie verwysings na ’n BCom bevat nie en ’n skermgreep van ’n valse profiel is op sosiale media geplaas.

Meer oor:  Albert Fritz  |  Bonginkosi Madikizela  |  Agenda  |  Lur  |  Da-Leier  |  Da
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.