Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Wes-Kaapse DA-leier herkies
Bonginkosi Madikizela, herverkose leier van die DA in die Wes-Kaap. Foto: Verskaf

Bonginkosi Madikizela is Saterdag herverkies as die Wes-Kaapse leier van die DA, met Albert Fritz, LUR van gemeenskapsveiligheid in die provinsie, as sy adjunk.

Die DA het Saterdag sy provinsiale kongres gehou en gestem vir die nuwe leiers wat die party in dié provinsie vir volgende drie jaar gaan lei.

Madikizela het ná weke se spanning stof geskop in die oë van sy hoofteenstander, Masizole Mnqasela.

Masizole Mnqasela
Masizole Mnqasela

Die leierskapstryd was uit die staanspoor in omstredenheid gehul nadat Madikizela daarvan beskuldig is dat hy Mnqasela in ’n moordkomplot uit die weg wou ruim.

Helen Zille, DA-voorsitter van die federale raad, het Vrydag, ’n dag voor die kongres, gesê die federale uitvoerende gesag het dié aantyging ondersoek en as onwaar bevind.

Die name van die nuwe leiers is Saterdag omstreeks 15:30 op die visuele kongres aangekondig.

Jaco Londt is die nuwe provinsiale voorsitter.

Die nuwe drie ondervoorsitters van die party is JP Smith, Grant Twigg en Geordin Hill-Lewis, terwyl Eric Marais die nuwe voorsitter van finansies is.

Die vier poste as bykomende lede sal deur Peter Helfrich, Carl Pophaim, Zimkhitha Sulelo en Lorraine Botha gevul word.

Madikizela het ná sy verkiesing gesê dit was ’n lang en uitputtende verkiesingsveldtog, maar dat daar nou gefokus moet word om die party te laat groei.

“Ons moet die party verenig as ons ernstig is dat ons Suid-Afrika wil red en die Wes-Kaap wil regeer. In 2021 moet ons al die munisipaliteite in die provinsie regeer,” het Madikizela gesê.

Meer oor:  Wes-Kaap  |  Da  |  Bonginkosi Madikizela  |  Masizole Mnqasela
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.