Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Madonsela: ‘Hou op afbrand en klippe gooi’
Adv. Thuli Madonsela, openbare beskermer Foto: Alet Pretorius

Adv. Thuli Madonsela sê sy verstaan die betogende jong mense in Suid-Afrika se woede, maar “dit is nie nodig om af te breek” nie.

“Die generasie van 1976 was klipgooiers,” het Madonsela, die openbare beskermer (OB), gesê toe sy Dinsdagaand die hoofspreker was by die bekendstelling van die Civics Academy by die Nelson Mandela-stigting in Johannesburg. Dit is ’n aanlyn platform waar Suid-Afrikaners inligting oor die Grondwet kan kry en kan leer hoe om ’n verantwoordelike en ingeligte burger te wees.

Dit is ’n gesamentlike projek van die Hanns Seidel- en die Nelson Mandela-stigting.

“Moenie jou eie infrastruktuur verwoes nie. Jy hoef nie meer klippe te gooi nie. Jy is veronderstel om deel van ’n opbouende generasie te wees,” het Madonsela gesê.

Sy het haar bewondering uitgespreek vir die betogings wat onder die vaandel van #FeesMustFall plaasgevind het, omdat dit meestal vreedsaam was.

“Ons het altyd gesê jong mense is môre se leiers. Die realiteit is egter dat julle vandag se leiers is,” het Madonsela aan die jong mense in die gehoor gesê.

Sy het beklemtoon dat daar ooreenkomste is tussen oudpres. Nelson Mandela en die jong generasie aktiviste wat die voortou geneem het met die onderskeie Must Fall-betogings.

Volgens Madonsela gaan die hart van hul stryd, net soos dié van Mandela, oor maatskaplike geregtigheid.

Sy het aan joernaliste by die geleentheid gesê mense moet dalk eerder ’n kampvuur maak as geboue afbrand wanneer hulle gefrustreerd is omdat amptelike kanale nie werk nie.

“Ek wil die feit dat gemeenskappe swaarkry nie ligtelik afmaak nie,” het sy gesê.

“Die frustrasies is ’n werklikheid en hoewel die frustrasie om nie gehoor te word nie ook ’n werklikheid is, is daar geen regverdiging vir die afbrand van skole nie. Jy ontneem dan medeskoliere die geleentheid om te studeer en om hulle uit armoede op te hef.”

Sy sê die groot probleem met goed afbrand tydens betogings, is dat geld, wat die gemeenskap moet ophef, dan gebruik moet word om die skade te herstel.

“Dit laat ons agteruit beweeg,” sê Madonsela.

Meer oor:  Betogings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.