Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Magashule is stil oor Lungisa se lot

Ace Magashule, die ANC se sekretaris-generaal, is daarvan beskuldig dat hy sloer met die afdanking van Andile Lungisa, ANC-swaargewig in Nelson Mandelabaai.

Ace Magashule, sekretaris-generaal van die ANC.

Gift Ngqondi, provinsiale ANC-woordvoerder, het Donderdag aan Netwerk24 gesê Magashule moes teen dié tyd al gesê het hy gaan Lungisa as lid van die burgemeesterskomitee vir infrastruktuur en ingenieurswese skors.

“Ons weet nie waarom dit so lank duur nie.”

Die besluit is Maandag deur die nasionale uitvoerende komitee (NUK) op ’n vergadering in Oos-Londen bekragtig en Magashule is die opdrag gegee om die besluit aan Lungisa oor te dra.

“Hy sal vir julle moet sê waarom hy dit nog nie gedoen het nie,” het Ngqondi gesê en bygevoeg dat Netwerk24 vir Pule Mabe, nasionale ANC-woordvoerder, oor die kwessie moet kontak.

Mabe het nie op oproepe van Netwerk24 gereageer nie.

Netwerk24 het Dinsdag berig dat die ANC se topses en NUK met die provinsiale uitvoerende komitee (PUK) in Oos-Londen vergader het. Die hoofsaak op die agenda was Nelson Mandelabaai en sy ontevrede leierskap.

Drie bronne het aan Netwerk24 vertel dat Lulama Ngcukayitobi, provinsiale sekretaris van die ANC, en Jessie Duarte, adjunk-sekretaris-generaal, ’n verslag oor die toestand van die metro aan die NUK voorgelê het.

“Die topses het die streekstaakspan goedgekeur en die PUK is die opdrag gegee om die struktuur onmiddellik in werking te stel.”

Lungisa het geen keuse nie. Hy moet sy pos verlaat of hy sal na Luthuli-huis gesleep word.

Die bronne het ook gesê dat Lungisa aangesê sal word om sy pos in die raad te verlaat “of die gevolge te dra”.

“Lungisa het geen keuse nie. Hy moet sy pos verlaat of hy sal na Luthuli-huis gesleep word. Hy verontagsaam duidelike opdragte aan hom en die topses is nie beïndruk nie,” het ’n goed geplaaste bron gesê.

Die PUK het vroeër beveel dat Lungisa herroep word. Dit was nadat Lungisa in die landdroshof in Port Elizabeth skuldig bevind is aan aanranding nadat hy Rano Kayser, DA-raadslid, met ’n glasbeker oor die kop geslaan het. Hy is tot twee jaar tronkstraf gevonnis, maar het in die hooggeregshof in Grahamstad appèl teen die uitspraak aangeteken.

Lungisa is steeds lid van die burgemeesterskomitee in die metro en sê hy sal net uit sy pos bedank as die “NUK my beveel om dit te doen”.

Meer oor:  Anc  |  Andile Lungisa  |  Ace Magashule
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.