Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Maimane: DA se koalisies in metro’s moet bly
Maimane
Mmusi Maimane

Die DA se koalisieooreenkomste met kleiner partye in die land se groot munisipaliteite moet behoue bly.

Dit was Mmusi Maimane, DA-leier, se kommentaar Maandag in Braamfontein, Johannesburg, nadat Herman Mashaba aangekondig het dat hy as Johannesburgse burgemeester en as DA-lid bedank.

“Ek wil vir die mense van Johannesburg, en die personeel wat hier is, sê ons onderneming is om die koalisieooreenkoms te hou soos dit is. Ons wil hê hierdie regering moet werk en die werk voortsit waarmee hy begin het,” het Maimane gesê.

“Ons het nie deur alles gegaan om nou ons vordering prys te gee en die party wat die stad gekaap het terug te nooi nie. Ons sal doen wat nodig is om te doen en die party vra om hierop te fokus.”

Mashaba se bedanking volg nadat Helen Zille Sondag tot voorsitter van die DA se federale raad verkies is.

Volgens Mashaba voorspel Zille se terugkeer na partypolitiek die einde van die DA se koalisieooreenkoms met die EFF in Johannesburg, omdat sy al kritiek gelewer het op die DA en EFF se samewerking in van die metro’s.

Miamane het gesê Mashaba se bedanking sal op die vergadering van die DA se federale uitvoerende komitee bespreek word.

Mashaba het met die aankondiging van sy bedanking gesê dit spruit uit Zille se terugkeer. Volgens hom is die party waarby hy aangesluit het nie dieselfde party wat die naweek op die federale raad se vergadering van twee dae na vore getree het nie.

“Helen Zille se verkiesing is ’n oorwinning vir mense wat lynreg in stryd is met dit waarin ek glo. Ek was die laaste drie jaar in regering. Die gebeure die afgelope naweek het my by ’n kruispad uitgebring. Ek is in die posisie waar ek gedwing word om te kies tussen my party en my land,” het Mashaba gesê.

Vóór die naweek se vergadering het Mashaba in ’n radio-onderhoud gesê hy sal die DA verlaat as dit deur “regsgesinde elemente” oorgeneem word.

Dit is vermoedelik met verwysing na die Instituut vir Rasseverhoudinge en diegene wat daarmee geassosieer word, insluitend Zille.

Meer oor:  Mmusi Maimane  |  Helen Zille  |  Herman Mashaba  |  Braamfontein  |  Johannesburg  |  Politiek  |  Da  |  Koalisies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.