Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Maimane ’n dogter ryker

Mmusi Maimane, hoofaktivis by die One South Africa Movement en oudleier van die DA, het weer pa geword.

Mmusi en Natalie Maimane. Foto: Nardus Engelbrecht

Maimane het Saterdag op Twitter aangekondig dat sy vrou die lewe geskenk het aan hul derde kind.

Die babadogtertjie se naam is Kutlwano-Grace.

“Ons dank God vir hierdie geskenk van lewe. Ek is weer ’n pa,” het Maimane gesê.

Maimane en sy vrou, wat in 2005 getroud is, het twee seuns, Kgalaletso en Daniel Kgosi.

Dit was Vrydag presies ’n jaar sedert Maimane uit die DA bedank het.

Hy het op Twitter oor sy tyd in die DA geskryf: “My vel gloei, en my kop is skoon. Ek het vrede en ek het tyd gehad om oor my politieke reis tot dusver na te dink.”

Maimane het gesê hy dink steeds dit was die regte besluit om destyds in 2009 by die DA aan te sluit. “Ek het geglo dit was die regte en strategiese skuif op daardie tydstip. Ek het ingekoop by die visie.

“Ek het baie gegroei. Ek het geleer van die interne dinamika van ’n nasionale politieke entiteit, ek kon eerstehands die aard van ons nasionale probleme sien. Beleidsprobleme, personeelprobleme,” het hy gesê.

Volgens Maimane het hy 80% van sy tyd as DA-leier daaraan bestee om interne konflikte uit te stryk.

“Wanneer jy by ’n organisasie aansluit, glo jy in jou vermoë om dit van binne af te verander, om dit beter te maak as toe jy dit gekry het deur jou bydraes.

“Die gebeure van die laaste jaar het gewys dat ek reg was oor die probleme van die nuwe rigting. ’n Rigting van verdeling en nie eenheid nie.”

Meer oor:  Mmusi Maimane  |  Baba
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.