Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Maimane: ‘Vuvuzelas’ moet daad by woord voeg

Die mosie van wantroue in pres. Jacob Zuma sal onderskeid tref tussen die “vuvuzelas” en die opregte ANC-lede.

Die “vuvuzelas” in die ANC maak voorbrand vir ’n kommissie van ondersoek na staatskaping en dat Zuma verwyder word, het Mmusi Maimane, DA-leier, in sy Werkersdagtoespraak in Blue Downs, Kaapstad, gesê.

“Ek wag vir hulle om te kom stem in die parlement wanneer ons die mosie van wantroue in die president ter tafel lê. Dit sal die onderskeid tref tussen die vuvuzelas en die opregte mense. As jy opreg is, sal jy stem dat Zuma moet gaan.”

Ek wag vir hulle om te kom stem in die parlement wanneer ons die mosie van wantroue in die president ter tafel lê
Mmusi Maimane, DA-leier
Mmusi Maimane, DA-leier. Foto: Deon Raath

Maimane sê die DA is ywerig dat die kommissie van ondersoek wat adv. Thuli Mandonsela, voormalige openbare beskermer, aanbeveel het, moet plaasvind sodat “diegene wat korrup is in die tronk kan verrot eerder as om hoë ampte te beklee”.

Maimane het ’n heldeontvangs van ’n paar honderd DA-ondersteuners geklee in blou T-hemde by die Blue Downs-stadion ontvang. Hy het geesdriftig ten gunste van die regte van werkers, die bestryding van korrupsie, ’n moderne ekonomie en die uitwissing van rassisme gepraat.

Hy het aan die skare gesê dat die DA nooit sal rus voordat werkloosheid uitgeroei is nie.

“Ons vryheid kan nooit afgehandel wees terwyl soveel van ons mense nie werk het nie. Nege miljoen Suid-Afrikaners, om presies te wees. Dis die korrupsie wat deur Jacob Zuma en die ANC bevorder word wat ons werke steel.”

Maimane het met mening onder Zuma en die ANC ingeklim.

Korrupsie onder Zuma word staatskaping genoem.

“Dit gebeur wanneer die Guptas ’n seun genaamd Jacob Zuma erf en hulle vir hom sê wat om te doen, en dit maak alles korrup. Dit is wanneer een familie alles steel. Hulle het die presidensie gesteel en die presidensie het die NVG (nasionale vervolgingsgesag) gesteel, die tesourie – alles gesteel, insluitend die ANC in die parlement.”

Ons is nog nie vry totdat meer mense in staat is om werk te kry nie
Mmusi Maimane

Dit is tyd dat die tesourie van die tsotsi’s bevry word, want die geld behoort aan die mense van Suid-Afrika, nie aan die Guptas of Zuma nie, sê Maimane.

“Ons is nog nie vry totdat meer mense in staat is om werk te kry nie. Ons is nie tevrede met ons ekonomie nie. Ons is nie tevrede met ons regering totdat ons ekonomie teen meer as 5% groei nie. Ons is steeds ver daarvandaan om die werksgeleenthede vir ons mense te skep wat ons moet,” sê hy.

“In 2019 sal ’n koalisieregering wat deur die DA gelei word Suid-Afrika neem op die pad van voorspoed en eenheid waarin meer werksgeleenthede geskep word, waar jong mense opgevoed is en die staat bevoeg is. Dit is die Suid-Afrika wat ons wil hê.”

Meer oor:  Kaapstad  |  Woord  |  Moet  |  Maimane  |  By
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.