Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Malema braak verder gal oor FW: ‘Wit mense beheer Cyril’

Oudpres. FW de Klerk beheer pres. Cyril Ramaphosa en het Suid-Afrikaners die middelvinger gewys toe hy onlangs glo gesê het apartheid was nie ’n misdaad teen die mensdom nie, beweer Julius Malema, EFF-leier.

Malema het dit Vrydagoggend gesê toe hy die Persklub Suid-Afrika by die Westin-hotel in Kaapstad toegespreek het oor onder meer Ramaphosa se staatsrede.

EFF-LP’s het die staatsrede Donderdagaand meer as ’n uur lank ontwrig terwyl hulle onder meer geëis het dat De Klerk, wat as oudstaatshoof deur die parlement genooi is om die geleentheid by te woon, die sitting verlaat.

EFF leader Julius Malema. Photo by Felix Dlangaman
Julius Malema. Foto: Felix Dlangamandla

Malema het Vrydag gesê hulle het so teen De Klerk opgetree nadat hy “ons die middelvinger gewys het deur die afgelope week op die SAUK te sê apartheid was nie ’n misdaad teen die mensdom nie”.

“Dit beteken dat hy nie jammer is nie. Deur dit te doen het hy ons uitgelok. Dit is waarom ons so gekant is teen sy bywoning van die staatsrede.”

Volgens Malema het De Klerk nooit so iets voor Ramaphosa se termyn gedoen nie en het die EFF daarom voor Donderdag geen rede gehad om hom so te behandel nie.

“Noudat sy ‘Ice Boy’ (Ramaphosa) president is, doen hy dit. Hy beheer Ramaphosa. Daar is ’n spesiale verhouding tussen De Klerk en Ramaphosa. Die EFF gaan nie toelaat dat Ramaphosa se nabyheid aan hulle hulle toelaat om ons te ondermyn nie.”

Malema sê De Klerk se onlangse apartheiduitlatings wys dat “hulle geen respek vir Ramaphosa het nie”.

“Dit is waarom hulle dink hulle kan ons steeds soos voor 1994 behandel. Nog nooit sedert 1994 het ons dié soort arrogansie van wit mense in veral die korporatiewe wêreld gesien soos wat ons nou sien nie. Hulle (wit mense) beheer hom (Ramaphosa) en het hom byna R1 miljard gegee om die ANC mee te beheer.”

fw
Oupres. FW de Klerk het Donderdagaand die staatsrede bygewoon. Foto: Jaco Marais

Volgens Malema gaan die EFF dit egter nie duld nie en aanhou baklei vir die ekonomiese bevryding van swart mense.

*Volg Netwerk24 vir meer oor die berig.

Meer oor:  Julius Malema  |  Cyril Ramaphosa  |  Fw De Klerk  |  Staatsrede  |  Staatsrede 2019  |  Sona
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.