Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Malema regverdig landwye betogings
Die H&M-winkel in Menlynpark is geplunder. Foto: Twitter

Julius Malema, leier van die EFF, het die betogings deur mense met EFF-regalia by H&M-winkels oor die land heen regverdig.

“Ons gaan nie toelaat dat hulle ons kinders bobbejane noem nie,” het hy Saterdag by ’n byeenkoms vir die party se grondkrag-forum in Polokwane gesê.

“Ons gaan nie toelaat dat hulle die kleur van ons vel gebruik om ons te verneder en uit te sluit nie.”

Die betogings kom nadat die Sweedse klerewinkelgroep inderhaas ’n aanlynadvertensie moes verwyder omdat Twitter-gebruikers dit as rassisties bestempel het. https://www.netwerk24.com/Nuus/Algemeen/hm-jammer-oor-advertensie-20180109

https://www.netwerk24.com/Nuus/Misdaad/kyk-grootskaalse-chaos-by-sentrum-waar-eff-betoog-20180113

In die advertensie staan ’n swart seun met ’n groen sweetpakbaadjie met die slagspreuk “Coolest monkey in the jungle” op sy bors.

“Ons sal nooit deur enige idioot voorgesê word oor hoe ons teen verdrukking moet baklei nie,” het Malema Saterdag getwiet.

“Veral nie deur dié wat dit nog nooit ervaar het nie. Daar is nie ’n formule oor hoe om die verdrukker te beveg nie. Verwag vanjaar meer van dié optredes teen alle rassiste, individueel en kollektief. #Siyeza.”

Winkels in Gauteng, onder meer by Mall of Africa en Menlynpark, en die Wes-Kaap, onder meer die Waterfront, moes Saterdag sluit nadat betogers toegesak het.

Polisie het rubberkoeëls gevuur om die mense uiteen te jaag.

Meer oor:  Julius Malema  |  Eff  |  H&M
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.